Tiener vas vir moord op sy oupa

Argieffoto (Foto: WerbeFabrik, Pixabay)

ʼn 16-jarige seun is Sondagmiddag in Dullstroom in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy glo sy 63-jarige oupa vermoor het.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het dié tiener ʼn vurige woordewisseling met sy oupa gehad, tot op die punt waar hy na sy oupa se kamer gegaan het om ʼn windbuks te kry.  Hy het sy oupa glo met die windbuks in die bors geskiet en die bejaarde man het toe op die grond neergeval.

Die polisie en paramedici is deur ʼn lid van die publiek na die toneel ontbied. Die bejaarde is op die toneel dood verklaar en die seun is onmiddellik in hegtenis geneem vir moord.

Die wapen is vir ballistiese toetse gestuur.

Die tiener sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn vir die moord op sy oupa.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, het gesê die reg moet sy gang gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Antjiepat ·

Ek het nie meer woorde nie.. wat gaan met die land aan.. bid ons nie meer nie.. dien ons nie meer ‘n Almagtige God nie?..n Woordewisseling en dan vermoor jy jou ouers of groot ouers…

vetpret ·

Dis bitter hartseer om te lees. Waar kom die vreeslike geweldadigheid van die jeug vandaan? Om na n stryery te gaan en iemand dood te skiet? Nou vra ek myself af; hoekom het sulke dinge nie gebeur toe ek jonk was nie? Watse groot verskil het ingekom tussen my tyd en vandag wat sal maak dat daar nie meer respek en dissipline is by vandag se jong mense nie? Kan dit dalk, net dalk wees oor daar nie meer n behoorlike dissiplinêre stelsel in skool is na lyfstraf onwettig verklaar is nie?

Mienks ·

Vandag mag kinders en die jeug doen net wat hulle wil ouers se hande is afgekap en die staat sit agteroor en lag, dis die verskil as ons daai tyd met ons ouers of groot ouers lelik was of disrespekvol was het jou sitvlak gebrand vir dae en jy het onverskoning gaan vra, vandag word daar maar net gese ja my kind, goed my kind, ek doen so my kind, jy doen niks verkeerd nie my kind dis alles ek. dis waar die dissipline en respek vandag heen is, af in die dryn.

vetpret ·

Presies. Ek onthou dan nog goed hoe my agterstewe gebrand het op my eerste dag van graad 1 oor ek ñ onderwyser as Oom aangespreek het instede van Meneer. Dis hoe ons dissipline en respek geleer was.

Jan ·

Stem saam. Swak dissipline handhawing bydraend tot jeug se aggressie deesdae. Maar ook gevind dwelms speel deesdae n baie groot rol in baie van hierdie agressie gevalle. Se nie dit is hier ter sprake nie, spekuleer maar oor moontlikhede.

Alet ·

Almal is altyd gou om die vinger te wys na die jeug vandag. Ek is ‘n ma van ‘n vyftien jarige seun met die grootste respek vir ander mense. Hy is gedissiplineerd. Vaar goed in sport en goed in akademie. Vreemde mense het al kommentaar gelewer oor die stil en stemmige kind. Maaaaar hulle is nie blind nie. Hulle sien wat in ons land aangaan en hulle emosies loop hoog. Daar is dinge wat hulle nie verstaan nie wat hulle kwaad maak en dit het niks met opvoeding of pakslae uit te waai nie.

Gato ·

Ek dink jy slaan die spyker op die kop. Dissipline is deesdae pateties in skole en by meeste ouerhuise . Kinders kyk van kleins af na geweldadige rolprente en rekenaar-speletjies waar mense geskiet en doodgemaak word is baie gewild onder die jeug. Dan is daar nog dwelms en dagga wat vrylik beskibaar is. Sit dit alles bymekaar en dan het jy ‘n wenresep vir geweld en chaos.

Karen ·

Wie maak die jeug van vandag groot……wie is verantwoordelik vir die jeug met geen dissipline of waardes nie. Dieselfde mense wat kla oor vandag se jeug

Jdb ·

‘n Windbuks kan nie iemand in die bors doodskiet nie. Dit mag dalk wel ‘n luggeweer met ‘n groter kaliber of PCP tipe aandrywing gewees het, maar nie ‘n windbuks nie.

vetpret ·

As versamelaar van windbukse kan ek dit glo. Ek dink vinnig aan 1 wat in my kluis staan wat 1250fps skiet. Daar is ook n piston tipe wat 1500fps skiet. Met die regte patroon sal daai patroon maklik die vel en vleis penetreer en binne groot skade maak. Dis ook moontlik dat die patroon tussen die ribbe bene in gegaan het.

Hugh ·

Windbuks is net Afrikaans vir enige lug gedrewe pellet gun. Daar is al vele mense dood deur gewone breek nek windbukse. Ja dit is nie idiaal om iemand dood te maak nie, maar op kort afstand met die regte plasing van die projektiel kan self ‘n bb of ‘n veepyltjie iemand se dood veroorsaak.

Alet ·

Eish net gedink ek het darem die twee windbukse aangesien die regering poog om wapens uit ppubliek se hande te verwyder.

Leon ·

‘n Nommer 2 windbuks het dieselfde trefkrag as ‘n .22 geweer. Moontlik.

spogsog ·

Dit is omdat kinders nie meer die basiese waardes geleer word soos om ouer mense te respekteer nie. Kinders word nou volgens boeke groot gemaak want ons wil tog net nie hulle gevoelens seermaak nie, en vader behoed die sielkundige effek wat dit gaan los sou ons hul tug. Klein kindertjies kyk skop skiet en moor rolprente….want dit is mos okay. Stories soos Ben -10 vervang Liewe Heksie (wat oh griet sy kan dan nie toor nie)…en Ben-10 verander in 10 verskillende “Aliens” wat baklei en skiet. So dit leer daardie bloedjie van jongs af dit is okay om dinge met geweld reg te maak….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.