Tiener vas vir moord op tante

hof-hamer

Argieffoto

’n Tienerseun het vandeesweek in die Smithfield-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op sy tannie.

Brig. Motansi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die 15-jarige seun het Donderdag in die hof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek. Die aansoek is egter van die hand gewys.

Volgens Makhele het nooddienswerkers die vrou Maandag langs ’n pad in die Smithfield-distrik aangetref.

Sy en die verdagte het na bewering vroeër ’n woordewisseling oor ’n familie-aangeleentheid gehad, waarna die tiener haar aangerand het. Daar word vermoed dat sy op pad werk toe inmekaargesak het. Sy is later in ’n hospitaal oorlede.

Die seun sal weer op 21 November op aanklag van moord in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die naam van die verdagte word in dié stadium weens sy ouderdom en verwantskap met die oorledene weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
GM

Hy was nie te jonk toe hy haar aangerand het nie, hy behoort nou soos die groot “man” behandel te word wat hy dink hy is.

Julie Jansen van Rensburg

Laat die klein wetter vir baie jare agter tralies beland… hoe langer hierdie korrupte ANC aan bewind bly, hoe meer lees mens van jong kinders wat roof, moor, aanrand en letterlik daarmee wegkom – miskien ‘n raps oor die kneukels deur die regter of magistraat, maar die bedorwe brokkies steur hulle gewoonlik hoogwaai daaraan…

Frans-Petrus Zeelie

Miskien moet mens net eers weet wat is die feite van die saak voor mens besluit hy is skuldig. Mens maak nie sommer net iemand dood nie. Dit kan jare se sielkundige marteling ook wees wat hier betrokke is.