Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag in Ngqamakhwe plaasgevind. “Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie,” het Manatha gesê.
Die verdagte sal Maandag in die Ngqamakhwe-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy sal in die sorg van sy ouers vrygelaat word sodra hulle opgespoor is.