Tiener vas vir moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 16-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy ʼn ander tienerseun met ʼn mes doodgesteek het naby King William’s Town in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag in Ngqamakhwe plaasgevind. “Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie,” het Manatha gesê.

Die verdagte sal Maandag in die Ngqamakhwe-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy sal in die sorg van sy ouers vrygelaat word sodra hulle opgespoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.