Tiener veilig gevind ná drie weke

Kitso Mothibe (Foto: Herman Mashaba, Twitter)

Die soektog na ʼn 13-jarige meisie wat drie weke gelede as vermis aangemeld is, is afgelas nadat haar niggie haar gevind het.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê haar gesondheidstoestand is nog nie bekend nie, maar maatskaplike werkers hanteer die saak. Sy is by Parkstasie in Johannesburg gevind.

“Die polisie het al hul beskikbare hulpbronne gebruik om haar op te spoor,” het Dlamini verduidelik.

“Bewerings dat die polisie huiwerig was om haar ouers by te staan, vorm deel van ʼn interne ondersoek,” het hy gesê.

Die provinsiale kommissaris van Gauteng, lt.genl. Deliwe de Lange, is baie besorg oor die houding van lede wat versuim om aan die polisie se gedragskode te voldoen. “Beamptes moet ʼn verantwoordelike en doeltreffende diens van hoë gehalte lewer wat vir elke persoon beskikbaar is,” het De Lange gesê.

Die 13-jarige Kitso Mothibe se stiefpa het Talk Radio 702 verlede week gekontak en gesê die polisie het ʼn versoek om haar te vind, ignoreer. Hy het beweer die Johannesburg Sentraal-polisiestasie het hom geïgnoreer.

Die polisie het Donderdag toegeslaan op ʼn gekaapte gebou in die Johannesburgse middestad waar hulle vermoed het Mothibe word aangehou.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê hy het Saterdagaand met Kitso se pa gepraat. “Die gesin is uiters verlig. Ons sal hulle bystaan met enige ondersteuning wat hulle nodig het.”

Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe, in samewerking met die Stad Johannesburg duur voort om kriminele elemente in die middestad uit te roei, veral in verlate geboue wat vermoedelik ʼn wegkruipplek vir misdadigers is,” het Dlamini bygevoeg. “Enige inligting wat van lede van die gemeenskap ontvang word, sal opgevolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Gekaapte geboue behoort tog aan eienaars en daar moet erfbelasting oftewel ‘rates’ betaal word. Dit bly een van die snaakse elemente dat geboue gekaap kan word. Dit is verwaarloosde verlate geboue maar daar is steeds ‘n geregistreerde eienaar(s) wat dit kan bekostig om nalatig te wees daarmee. Munisipaliteite is skuldig omdat hulle dit nie met die eienaars opneem nie.

Ai ·

Persoonlik dink ek hulle moet hierdie vieslike ou geboue almal platslaan. Baie van daai geboue sal die eienaar nooit in sy lewe verkoop kry nie want die buurte het agter uit gegaan. Die munsipaliteite kan die grond terugkoop van die eienaars af en siedaar! daars weer grond beskikbaar vir die mense wat voel hulle moet verniet grond kry.

Attie No1 ·

Cherokee, gewoonlik gee jy verstandige kommentaar maar die keer dink ek jy misverstaan die situasie. Dit is gesteelde eiendom ongeag of dit onroerende eiendom is, die eienaar(s) waarna jy verwys is gewese eienaar(s).

Veilig ·

Ja sy is nou veilig…. maar wat is sy nie aangedoen in die tyd wat die polisie dit nie belangrik geag het om haar te soek nie. Die pa moes die radio vra om hulp, toe kry hul glo die gebou wat hul vermoed het… ek wonder! Slaan al daai geboue af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.