Tiener verdink van 85-jarige se moord

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn 17-jarige tiener is Woensdag naby Duiwelskloof in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van die moord van ʼn 85-jarige vrou.

Die vrou se liggaam is Dinsdagoggend in haar huis in die Kuranta- informele nedersetting met verskeie meswonde aangetref, sê brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie.

ʼn Familielid het die tiener na die polisiestasie gebring toe hulle agterdogtig was oor hom ná die buurvrou se moord.

“Ons waardeer die familielid se optrede wat die kind na die polisiestasie gebring het. Dit stuur ʼn duidelike boodskap dat oortreders van misdaad aan die pen sal ry ongeag verhoudings en dat oortreders in ons eie families by die polisie aangemeld moet word,” het die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, bygevoeg.

Mojapelo sê die tiener sal kragtens die Wet op Kindergeregtigheid hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Kindergeregtigheid maar volwassene se misdaad.Dit stuur geen boodskap uit aan oortreders nie.Op 17 ‘n moordenaars.

marisa ·

So sit hy vir ‘n jaar of drie op my en jou se onkoste in ‘n “juvenile” tronk net om uit te kom en weer te moor!! Hulle verander NIE!!

Di ·

Krimineel al op 17! Sjoe, ek se maar eerder niks nie ander word dit weer nie geplaas nie.

Hasie ·

Familielid moes die skuldige inbrinh want dit sou die polisie jare vat net om die adres te kry en nog hare vat om die skuldige op te spoor en nog jare vat om die bewyse te kry en die doket te verloor …ens ens ens ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.