Tiener verdrink dalk toe rivier haar meesleur

Die jong meisie is glo deur die Krokodilrivier meegesleur. (Argieffoto: Kruger wildtuin/Twitter)

Polisieduikers in Mpumalanga is steeds besig om gedeeltes van die Krokodilrivier te fynkam nadat ʼn 16-jarige meisie Dinsdag glo deur die water meegesleur is.

Daar was tot dusver geen teken van die tiener nie, sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga. Die soektog na haar duur intussen voort.

Die meisie en drie maats het gistermiddag in die Krokodilrivier, in die omgewing van die N4 naby Matsulu, gespeel toe sy meegesleur is. Die ander kinders het alarm gemaak en die polisie, asook die duikeenheid, is na die rivier waar ʼn soektog na die meisie van stapel gestuur is.

Swaar reën het vroeër in die gebied uitgesak en die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om nie in of naby riviere of strome te swem nie en oorstroomde gebiede te vermy.

Genl.maj. Buti Lekubi, waarnemende polisiehoof in Mpumalanga, het ouers ook gevra om te help verseker hul kinders is veilig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shakespeare ·

Stormwater is baie gevaarlik. ‘n Springbok swemmer het in die Krokodilrivier vedrink wat langs my plaas deurloop tydens ‘n oorstroming.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.