Tiener verdrink in Kliprivier

Argieffoto: Phillip Bruwer

Argieffoto: Phillip Bruwer

ʼn Tienerseun het in die Kliprivier naby Witbank in Mpumalanga verdrink.

Dean Wegerle, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Dinsdag gesê hul bemanning is Maandag omstreeks 15:45 versoek om die Mpumalanga-rampbestuur by te staan nadat berigte ontvang is dat die seun deur ʼn kitsvloed in die Kliprivier by Matshipe, noordoos van Kwaggafontein, meegesleur is.

“ʼn Volskaalse soektog na die seun is van stapel gestuur waarby onder meer die polisie se duik- en honde-eenheid ook betrokke was. Die soektog het tot laat in die aand voortgeduur,” het hy gesê.

Die seun se liggaam is omstreeks 21:45 opgespoor en uit die water gehaal, waarna die liggaam aan die forensiese patologiedienste oorhandig is.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wil jy nou meer ·

En weereens kon ‘n liggaam wat deur ‘n vloed meegesleur is gevind word, maar die vrou van Capital Park wat November weggeraak het is nog steeds soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.