Tiener verdrink in KwaZulu-Natal

Foto: Verskaf.

ʼn 15-jarige meisie het Saterdag in Doonside in Amanzimtoti verdrink.

Nick Dollman, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 13:47 Saterdag ʼn berig ontvang van ʼn moontlike verdrinking.

“’n Meisie is glo gesien dryf in die water en aan land gebring deur lewensredders. Hulle het met hartmassering begin en paramedici ontbied.”

Dollman het gesê die meisie het ondanks talle pogings op die toneel beswyk.

Die polisie ondersoek die voorval.

Netcare het weereens gewaarsku dat die aantal verdrinkings toeneem in die somer en het mense aangeraai om, indien dit veilig is, die slagoffer so vinnig moontlik uit die water te verwyder en met hartmassering te begin en daarna onmiddellik paramedici te ontbied.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.