Tiener verdrink in see tydens skooluitstappie

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die liggaam van ’n Oos-Kaapse skoolmeisie (15) het verlede week aan die kus van Oos-Londen uitgespoel nadat sy die dag vantevore tydens ’n skooluitstappie in die water verdwyn het.

Geoff McGregor, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut se Oos-Londen-stasie, sê sy span, sowel as die plaaslike polisie, is Donderdag omstreeks 14:30 na die kus naby die Palm Springs-vakansieoord ontbied nadat ’n leerling tydens ’n skooluitstappie onder die water verdwyn het.

Die leerling van Dutywa in die Oos-Kaap het ten tyde van die voorval saam met medeleerders in die see geswem toe sy vermoedelik deur seestrome meegesleur is. Daar was die betrokke dag 30 leerders op die skooluitstappie.

’n Soektog deur die plaaslike NSRI sowel as die polisie se duik-eenheid en honde-eenheid het aanvanklik niks opgelewer nie.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê ’n liggaam het wel die volgende dag (Vrydag) uitgespoel en kon as dié van die vermiste skoolmeisie geïdentifiseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alexander ·

Ek wonder of die skoolhoof ook ontslaan gaan word soos wat by Parktown gebeur het. Ek gaan egter nie my asem ophou nie……

Mariaan ·

Wanneer gaan skole besef as jy ONS kinders op n uitstappie vat….VERAL see toe…MOET jul seker maak daar is voldoende toesig…EN wat saam swem en dophou…ons kinders se lewe is in jul hande..ek glo nie daar word ten alle tye met sorg toesig gehou nie…jammer vir hierdie ouers

Misky ·

Ek neem aan Lesufi is oppad Oos-Kaap toe en wil seker die “oseaan se kop eis”, want dis mos altyd iemand se skuld behalwe die wat na hulle moes omsien.

Stop julle beplande seks voorligting en leer ALLE kinders swem op laerskool vlak.

Onnie ·

Ek stem Misky! Soveel kinders (en volwassenes) verdrink elke jaar.

Genis ·

Tragies… toesig met kinders is baie belangrik, en dan dissipliene ook….

Inge ·

Ek mag dalk mal klink, maar dit is hoekom ek nie my kind op uitstappies stuur nie. Ek kan dit net nie doen nie. Dit is ‘n vreeslike tragedie, ek is so jammer vir die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.