’n Seun, vermoedelik 13 jaar oud, het Sondagmiddag in ’n openbare swembad in Meyerton, Gauteng, verdrink.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê lewensredders het tot kort voor 13:30 by paramedici se aankoms by die swembad mond-tot-mond-asemhaling op die seun toegepas.
Paramedici het die behandeling tevergeefs voortgesit voordat die seun dood verklaar is.
Die omstandighede rakende die seun se verdrinking is nie in dié stadium duidelik nie.
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Innige simpatie met die familie in die moeilike tyd mag God julle dra en vertroosting bring
Hartseer!