Tiener verdrink op Oukersdag in Richardsbaai

Mzingazimeer in Richardsbaai (Foto: NSRI)

ʼn 18-jarige tiener het op Oukersdag by Mzingazimeer in Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdrink.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het omstreeks 13:40 saam met die polisie en paramedici reageer op berigte van ʼn verdrinking. Die seun, van Empangeni, was vermis nadat hy onder die water verdwyn het.

Hy het saam met sy oom by die afkeerwal visgevang toe hy in die water in die moeilikheid beland het. Hulle het al vier dae lank by dieselfde plek visgevang.

Polisieduikers en NSRI-reddingswemmers het die gebied deursoek en die tiener se liggaam gevind. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.