Tiener verdrink toe hy saam met vriende gaan swem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienerseun het Saterdag in die Coronationdam in Krugersdorp aan die Wes-Rand verdrink.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seun het omstreeks 15:30 saam met vriende gaan swem toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het.

“Paramedici van Netcare 911 was op die toneel saam met die provinsiale nooddienste, beamptes van die Krugersdorp-brandweer en polisieduikers,” het sy gesê.

Die seun se liggaam is omstreeks 18:00 opgespoor en deur die polisieduikers uit die water gehaal.

Hy is kort daarna deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die seun se presiese ouderdom was nie dadelik bekend nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anti-babbel ·

Genade Alida veiligheidsbaadjie. En dit was n tienerseun. Hulle swem al sonder dit behalwe as hul op n boot is.

Alida ·

Jammer ek het gedink hulle was op n boot toe ek die foto sien.

linda ·

is dit net ek of ……
dit wil voorkom of baie meer mense die laaste ruk verdrink van riviere tot die see, begin wonder of mense veral kinders regtig kan swem?

dis kommerwekend

siestog dink aan die kind se ouers dit moet vreeslik wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.