Tiener verdwyn by Centurion-winkelsentrum

Chantel Zangwa (14) wat op 21 Februarie 2015 by Centurion winkelsentrum verdwyn het. (Foto verskaf)

Chantel Zangwa (14) wat op 21 Februarie 2015 by Centurion winkelsentrum verdwyn het. (Foto verskaf)

Chantel Zangwa (14) het Saterdag by die bekende Centurion Mall in Pretoria verdwyn toe sy gaan fliek het.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Chantel se ma om 18:00 by die afgespreekte plek staan en wag, maar sy het nie opgedaag nie.

Volgens berigte op sosialemedianetwerke is haar selfoon afgeskakel nadat haar ma haar probeer bel het.

Chantel was glo ʼn graad 10-leerling by Lyttelton Manor High School.

Sy het ʼn rooi hemp, denimromp en pers sandale aangehad. Die foto op meegaande Pink Ladies-plakkaat is verouderd.

Indien jy weet waar Chantel haarself mag bevind, kontak asseblief vir ao Smith by 082 457 3790.
chantel zangwa 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

C.Steyn ·

Centurion se 14jarige meisietjies hou daarvan om ‘n vinnige ‘verdwyning’ te bewerkstelling. Centurion se mense is dan almal
aan’t soeke. Volgende keer is daar werklik ‘n ontvoering of so iets. Dan stel niemand belang om te help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.