Tiener verdwyn in die see by Melkbosstrand

Die NSRI se Rotary’s Gift (Foto: Andrew Ingram/Sea Rescue)

ʼn Tiener het Sondag in die see by Melkbosstrand in die Wes-Kaap verdwyn.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Melkbosstrand is omstreeks 12:00 ontbied ná berigte van Stad Kaapstad se wetstoepassers dat ʼn tiener, van Manenberg, in die see by Ouskip verdwyn het.

Drie vaartuie het saam met NSRI-lewensredders, Stad Kaapstad se lewensredders, die plaaslike provinsiale paramediese span, Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens, SAPD, buurtwag, rampbestuur en die EMS/AMS Skymed-reddingshelikopter aan die soektog deelgeneem.

“Ondanks ʼn omvattende soektog in die lug, in die see en aan die kuslyn, is daar egter steeds geen teken van die tiener nie,” het die NSRI in ʼn verklaring gesê. Hy het saam met sy familie gaan swem.

ʼn Duikeenheid van die polisie sal die soektog voortsit saam met spanne wat aan diens is in die gebied.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.