Tiener verdwyn in see by Gordonsbaai

Gordonsbaai Foto: The Equinist

Gordonsbaai Foto: The Equinist

ʼn Tiener het Vrydag in die see by Gordonsbaai verdwyn, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Ondanks ʼn omvattende lug-, see- en kuslynsoektog was daar geen teken van die 18-jarige van Eersterivier nie,” het die woordvoerder van die NSRI gesê.

Berigte dat ʼn 14-jarige tydens dieselfde voorval ook in die see verdwyn het kan nie bevestig word nie, aangesien geen familielede nog na vore gekom het om haar as vermis aan te meld nie.

Die polisie se duikeenheid het die soektog na die 18-jarige oorgeneem en die soektog hervat Saterdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.