Tiener verdwyn in see

NSRI-spirit-of-st-francis

Argieffoto: NSRI

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn 15-jarige seun wat Sondag in die see by Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdwyn het.

“Daar is nog geen teken van die tiener nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê. “Die polisie se duikeenheid gaan voort met die soektog.”

Die seun het na bewering verdwyn toe hy gaan swem het in die omgewing waar ʼn doopseremonie gehou is. Hy is vermoedelik deur ʼn systroom meegesleur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.