Tiener verkrag glo hond dood

Foto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Middelburg-polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn saak van bestialiteit en dieremishandeling nadat ʼn tienerseun glo ʼn hond verkrag het sodat die hond gevrek het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê die 17-jarige seun het oor die naweek sy vriendin se huis in die Doornkop-informele nedersetting noord van Middelburg gaan besoek.

“Bure het op die seun in ʼn bed afgekom terwyl hy nog gelê en slaap het. Hy het steeds ʼn kondoom aangehad en die hond se karkas het langs hom gelê,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie en die DBV is ontbied. “Die tiener is in hegtenis geneem op aanklag van bestialiteit en oortreding van die Wet op Dierebeskerming.” Die DBV het die hond se karkas na ʼn veearts geneem vir ʼn nadoodse ondersoek om die beweerde verkragting te bevestig.

Die seun moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Susan ·

En ek dink nie hy kan ‘n tiener seun genome word nie. Hy is ‘n man, en moet daar volgens gestraf word.

Alida ·

Sulke mense maak ons wereld siek. Genugtig wat het hy gedink,hy moet sy straf kry arm hond

Thea ·

Dit is siek ,dit is om van siek te word
hier is geen morele waardes nie

Susan ·

Stem heeltemal saam. Dit is om van NAAR te word!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jenny ·

Dit is verskriklik, hoop hy word gestraf. Die arme hondekind is dood nie gevrek nie, dit klink so gevoelloos en hard.

Karisma ·

My diere is meer menslik en better maniere as party mense so my diere sterf en party mense vrek

m ·

Liewe hel, hoe laag wil hierdie mense nog daal. Siek samelewing waarin ons leef.

Jan maak n Plan ·

Ja hierdie storie laat ‘n mens dink. Ongelukkig kan ons deedae nie se wat ons wil se nie, maar nou ja dan dink ons maar net. SIEKLIK VERBY

Vixie ·

Presies Jan, ons weet wat ons weet en dinge wat so is, is so. Gelukkig kan ons nog dink wat ons wil …

charmaine ·

Hy was in n nedersetting dit sal reeds iets van die mens. Mag ons die word barbaars gebruik? Dit is verby dit. Maar soos Jan maak n Plan se ons mag nie meer se wat ons wil nie maar kan dink wat jy wil. Ons het nie almal Vryheid van spraak nie.

Annie ·

Ongelukkig kom hierdie te veel voor…het al van gevalle gehoor waar daar n wit persoon ook betrokke was…dus ja…dit is barbaars ongeag die kleur van die oortreder…genoeg om n mens siek van te maak.

JA ·

Grote griet, absoluut barbaars. En durf ons dit sê, dit is nie ‘n witmens wat dit gedoen het nie.

Chris ·

Charmaine die feit dat JY nie in n nedersetting bly nie maak verseker nie van jou n beter mens nie. Dit is genade wat aan jou kant is en niks meer nie. Daar bly baie goeie mense ook in nedersettings.

Elinette ·

Chris, ek dink Charmaine het bedoel dit is ‘n sekere soort mens wat in ‘n informele woonbuurt woon en, aangesien ons nou nie raskleur mag noem nie (ek het agtergekom MM blok enige boodskap wat die k-woord, of verwysing het na enige ras) moet ek hierby volstaan. Natuurlik bly daar goeie mense in informele woonbuurte ook!

chantell ·

Ek stem saam Chris! Ja die daad is barbaars maar net so erg is neerkyk op ander. God het elke siel gemaak

elize ·

Ek sidder om te dink wat die siek siel aan ‘n kind sou doen.

Justa ·

Hierdie land is Sodom en Gomorra. Afgryslik verby. Wat moes die arme hond nie alles deurgemaak het nie voordat hy genadiglik dood is en verlos was van hierdie skuim.

petro ·

Sies man jys afgryslik en walglik mag jy die swaarste straf ooit kry!!!!!

charmaine ·

Chris jy ken my nie en nog minder waar ek bly. En die feit dat ek n werk en rekenaar het se ook nie waar ek bly is perfek nie. Ons weet watter tipe mense diere verkrag!

Charmaine ·

Jy het duidelik nie n idee waarvan of praat now,want alle kleuriges het al diere verkrag…

Willie ·

Ek is jammer… en die Ironie is dat hy dalk swaarder gestraf gaan word as vir moord op ‘n wit mens..

Karisma ·

Dalk Willie, maar ook better so want daai is die tipe wat n babatjie sal verkrag wat haarself nie kan verdedig nie.

Karisma ·

Willie, dis dalk so maar dit os die tipe wat n babatjie sal verkrag wat haarself nie kan verdedig nie.

Heidi ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie! Daardie persoon is nie ‘n mens nie. Slaap terwyl hondjie se lewelose lyf langs hom le. Geen “mens” is so wreed nie. God help ons almal van sulke siek siek siek siek gemors. Dis net te veel om in te neem. Ek sal sterf vir my kinders en my diere. Ek kan net nie hierdie hanteer nie.

Liewe land! ·

Ai, Maraoelanuus. Toe sensureer julle maar tog my kommentaar deur dit in geheel nie te plaas nie.

Wil ek regtig dat n olifantbul die hondeverkragter “goed bykom”? Gewis nie – Dit is bestialiteit.

Die “goed bykom” deur die olifantbul is bloot ter wille van ironie. Dis, reg – n Mens noem dit ironie, in skrywerskringe.

Ek dink julle moet kommentaar eers goed lees om die verskillende nuanses (indien daar is) raak te lees voor daar so kwistig gesensureer word.

Alle Maroelanuus-lesers is nie onintelligent nie. Alle Maroelanuus-lesers wat kommentaar lewer, ook nie.

Vicus ·

Maroela, miskien moet julle n bietjie gaan sit en besluit of hierdie werklik as nuus kwalifiseer. Sulke smerigheid en barbaarse optrede hoort nie in die koerant nie. Sies julle

Ruby ·

My hart is so seer, ek kry ‘n fisiese kramp in my hart.

Daardie arme lyfie…….

tas ·

Hoe afgryslik en onsinnig kan so ‘n persoon nie wees nie, ek word die jaar 17 en ek het nie eers daaraan gedink dat sulke goed of sulke mense bestaan nie!! Eks jammer om te sê maar jy verdien die straf.

Tamarin van Zyl ·

Nie eers diere verkrag mekaar nie. Dis absoluut barbaars. Mag hy gestraf word tot in ewigheid.

Pieter ·

Ek stem heeltemasl saam dat hierdie daad iets gruweliks is. Is dit egter vir ons pm te oordeel? Is ons slmal oerfek en niemand vsn due lesers ooit iets gedoen wat hul nie wil he dat ander moet weet nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek praat nie die optrede goed nie, maar wat is die rede? Is hy dalk verstandelik gestrem of is dit dalk ‘n demoniese manifestasie?
kom ons los die oordeel en straf vir die owerhede en ons vertrou dat die jong man sy daad sal bely en die Vader vir vergifnis sal vra

Liewe land! ·

“… maar wat is die rede?” vra jy, Pieter. Die rede? Mal, wrede wellus, Pieter – Dit is die rede. Onlangs was daar ook n berig in die media van n bok wat doodverkrag is en nie lank voor dit nie, n berig oor n hoender wat doodverkrag is.

Hou tog asseblief op met die “laat hy wat sonder sonde is, die eerste klip gooi” mentaliteit. (Ek het gister my kat opgetel en daarna tee gemaak sonder om eers my hande te was. Ek wil nie dat mense dit weet nie).

Laat ons die hondeverkragter (en ander soos hy) se sonde by die naam noem, Pieter: Wellus, dieremishandeling, bestialiteit, verkragting, sedeloosheid, vieslikheid.

Mag hierdie diereverkragter en enige en elke ander verkragter swaar, swaar, swaar gestraf word deur ons howe. Laat die verkragters maar met hulle ‘oempabaloelies’ (laasgenoemde woord geleen) in die tronk speel.

En ja, as hierdie diereverkragter en elke ander verkragter die sonde voor God bely (soos hulle behoort te doen), is dit tussen hulle en God. Hier op aarde egter, sal/mag hulle steeds deur die owerhede vir hulle dade vergeld word.

Daardie arme, doodverkragte hond is/was ook deel van God se Skepping.

Blinde Sjambok ·

Pieter, wat duidelik is, is die feit dat die persoon met sy perversie ‘n bedreiging vir die samelewing is ( en nie net vir familie-hondjies nie) …en in my “oordeel” dus permanent daaruit verwyder en in ‘n gestig vir geestes-gestremdes opgeneem word, direk nadat hy gekastreer is…

AMB ·

DUHHHH…….weer ‘n happy clappy. Hierdie persoon is slegter as “pond scum” en behoort verwyder te word uit die samelewing. ….vir altyd.
“sy daad sal bely en die Vader vir (sic) vergifnis sal vra” EN DAN????? Alles weer reg in die wereld?? Word wakker man.

Peet J ·

Volgens Lev. 20:15 en 16 die Wet van die Almagtige God Skepper van Hemel en Aarde: En as ‘n man vleeslike gemeenskap het met ‘n dier moet hy sekerlik gedood word en die dier moet julle doodslaan.
En as ‘n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê moet jy die vrou en die dier doodslaan hulle bloedskuld is op hulle.
Wat hierdie tiener gedoen het is nie iets nuuts nie, die punt is as hy die Wet van God geken het wonder ek of hy die daad sou gepleeg het, ek dink nie so nie.

AMB ·

Nou’t ek alles gehoor…..geen wonder mense glo nie meer die pot bollie wat die kerke verkondig nie. Word groot en “grow a brain”, maw DINK BIETJIE VIR JOUSELF. Die indoktrinasie het jou sleg gevang.

AMB ·

PeetJ. Nou’t ek alles gehoor…..geen wonder mense glo nie meer die pot bollie wat die kerke verkondig nie. Word groot en “grow a brain”, maw DINK BIETJIE VIR JOUSELF. Die indoktrinasie het jou sleg gevang.

Karisma ·

Pieter, as dit in die bybel se tyd was het hulle hom dood gegooi met klippe

Belinda ·

Waar gaan die lewe heen? Liewe aarde hoe siek moet jy wees om alles te wil bykom wat “pote” het – behalwe stoele en tafels. Dit is n sielsiek mens die.

Dol ·

HOEKOM WORD MY KOMMENTE AFGEKEUR EN NIE GEPLAAS NIE??? Ek het niks gese wat onvanpas is nie!!!

JohannV ·

Dol, dan moet jy maar liewer kommentaar lewer, in plaas van ‘kommente’.

Jacoba ·

Sulke smerige nuus kan maar liewer ongeskryf bly. Ag nee. Daar is soveel mooi nuus, plaas dit eerder.

SARIE VAN HEERDEN ·

‘Ek vra WEER. Ek lees die dag se nuus om 7uur in die oggend maar dan lees ek ook terselfdertyd “kommentaar” van 19uur GELEDE! Kan Maroela dit aan ons asseblief verduidelik?

Landi Slatter ·

Dagsê Sarie,

Baie dankie vir jou navraag. Die betrokke storie is inderdaad 20 ure gelede gepubliseer, dus is daar al kommentaar wat 19 ure ‘oud’ is. Die kommentare verskyn ook in ’n oudste na jongste volgorde, met die oudste bo. Kontak ons gerus weer indien jy nog navrae het.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

EMK ·

Yuk, monster!! Ek het GLAD nie die berig gelees die opskrif het my reeds naar genoeg gemaak. Net om te sê ek lees liewer die gedigte en word kalm as hierdie tipe berigte. Kan nie glo so ding bestaan nie…

pop ·

God sal ons nes in die bybel se tyd kom verlos van die bose. Ek moet elke dag vashou aan die troos anders raak ek mal. Ons land het verval in boosheid, so erg dat ek twyfel of die duiwel sekere monsters wil he.

Emile ·

In die lig van liberale menseregte-tendense wereldwyd sal bestialiteit oor 10-20 jaar seker ook net nog ‘n mensereg wees wat genormaliseer en gewettig word en nie teenoor gediskrimineer mag word nie soos onlangse veranderings aan die huwelikswet. Kommentare daarteen sal dan as haatspraak en bestefobie bestempel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.