Tiener vermis in see by Table View

Daar is ook uit die lug na die seun gesoek. (Foto: Verskaf)

Daar was Sondag geen teken van ʼn tiener wat vermis geraak het toe hy klaarblyklik deur ʼn seestroom meegesleur is in die see by Table View-strand in die Wes-Kaap nie. Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is hul bemanning by Melkbosstrand Saterdag omtrent 18:20 ingelig oor ʼn verdrinking wat besig is om plaas te vind by dié strand, nadat die 15-jarige-tienersien hier gaan swem het.

Verskeie reddingsbote met reddingswerkers, die polisie en ʼn reddingshelikopter van Skymed-nooddienste is ingespan vir die soektog.

“By ons aankoms op die toneel is ʼn omvattende soektog in die see, lug en op die strand uitgevoer. Reddingswerkers het ook die see ingeswem om na die tiener te soek,” sê Peter O’Hanlon, bevelvoerder van die NSRI in Melkbosstrand.

“Ons kon egter geen teken vind van die tiener van Kraaifontein nie.”

Hy sê die polisie se reddingsduikers sowel as NSRI-werkers en lewensredders het Sondag die soektog na die seun voortgesit, wat vermoedelik deur ʼn seestroom meegesleur en onder die water verdwyn het.

“Die polisie ondersoek ook sy verdwyning,” sê O’Hanlon.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liesbet ·

ai…..ek sal van my kop of af raak, kom ons bid die See gee hom terug vir sy familie xxx

Jax ·

Ek hoop die kind word gou gevind!
Dankie aan die NSRI vir Jul werk. Net regtig jammer dat die bestuurders/esse van die tele-verkope afdelings sulke onmenslike vereistes aan hulle verkoops-agente plaas en so ongeskik en onbehulpsaam is. Hulle verwag die onmoontlike vir minder as n appel en n ei!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.