Tiener vermis ná hy in see verdwyn

Argieffoto: Andrew Ingram / NSRI

Argieffoto: Andrew Ingram / NSRI

ʼn Soektog is van stapel gestuur na ʼn tienerseun, wat Sondag in die see aan die Suidkus vermis geraak het, toe hy saam met sy broer en vriende gaan swem het.

Antoinette le Roux, stasiebevelvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) in Shelly Beach, het gesê hul bemanning is om 13:44 na Turtonstrand in Hibberdene ontbied ná gerugte van ʼn moontlike verdrinking.

“Hulle het langs die kus en in die see gesoek na ʼn plaaslike seun, vermoedelik 14 jaar oud, wat tussen die golwe weggeraak het, terwyl hy saam met vriende geswem het,” het Le Roux gesê.

Ten spyte van ʼn uitgebreide soektog, is geen teken van die seun teen Sondagaand gevind nie. Die polisie se soek-en-reddings-eenheid sit die soektog voort.

Le Roux het gesê die polisie traumaberaders was op die toneel en het die seun se broer bygestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LS ·

Dit is so hartseer !!!
Hoop hy word gevind, sterkte aan die familie.

linda ·

nog een?

begin wonder of die “wegraping” nie deur verdrinkings gebeur……… soveel mense verdrink

sterkte aan die familie

so tragies

Liza ·

Ja nee, hoeveel het nie nou al verdrink nie, ek verstaan nie hierdie konsep nie, was die ouers ook daar of nie , is daar nie lewensredders op die strand nie….. EK VRA MAAR NET…..

Waarheid ·

STERKTE AL BETROKKENES. See ….geen speelmaat..ouers en volwassenes MOET kinders GOED INLIG want jy bly verantwoordelik. Al is dit soms moeilik ..eerder baasspeel.. Liewer ‘n ONGEWILDE as bejammerde verantwoordelike.

Marga ·

Ek stem saam met jou Waarheid. Ouers moet ten alle tye betrokke wees en hulle kinders goed inlig want hulle is ons verantwoordelikheid.

Liza ·

Waarheid en Marga, ek stem saam met julle en ek gee nie ‘n duiwel om wat ander se nie…. jou bly jou verantwoordelikheid en klaar, ongeag wat die ouderdom is, ja en laat ek vir julle se, verloor eers ‘n kind dan praat ons, ek het as ma nooit my kinders uit my oog laat gaan nie…. ek is nie perfek nie, maar God het hulle vir jou geleen en daarom moet jy na hulle omsien totdat die Here hulle kom haal ….jy het mos die Doop belofte afgele……
Waar was daardie kinders se ouers……… as ek so lees die laaste tyd is die verskriklik soos kinders verdrink en nie net by die see nie by die huise ook… Jammer dis hoe ek voel…… jy laat nie jou kinders onder jou oe uit nie en veral nie by sulke plekke nie….

Sterkte aan die ouers…..

Rus saggies seun….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.