Tiener vermoor glo ouma met swaard

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige seun het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hy glo sy ouma met ʼn swaard vermoor het.

Ao. Nonhlanhla Khumalo, woordvoerder van die polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die seun is na sy hofverskyning na die Bosasa-sentrum vir jeugmisdadigers in Jouberton geneem waar hy in aanhouding sal bly tot sy volgende hofverskyning.

“Die seun is Maandagmiddag in hegtenis geneem kort nadat hy glo sy 76-jarige ouma met ʼn swaard doodgesteek het,” het Khumalo gesê. “Die voorval het by die gesin se huis in Georginia plaasgevind. Die seun, sy suster, ouma en ʼn huiswerker was tuis ten tyde van die voorval.”

Die Roodepoort Record berig die suster het haarself in haar kamer toegesluit en die huiswerker gevlug het. Volgens die berig is die seun ʼn leerling by Hoërskool Florida. Hy het glo vroeër aan ʼn vriend gesê dat konsepte soos dood en moord hom fassineer. Hy het glo ook altyd positief oor sluip- reeksmoordenaars gepraat, volgens die berig.

Die seun se identiteit mag weens sy ouderdom nie bekend gemaak word nie. Dit is nog nie duidelik wanneer hy weer in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

‘n Swaard? Waar op AARDE kry kinders swaarde? Praat nie van speelgoedswaarde en so nie maar iets wat “actually” kan doodmaak! Nee hene, toe my kinders nog klein was en selfs op hoërskool was hulle heeltemal KIND, hulle het nie gedagtes oor sulke dinge gehad nie sowaar. Ek is skoon geskok as ek van die dinge lees en hoor.Buitendien het mens hul besig gehou met sport en goeters, so hulle het g’n aan dood en negatiewe dinge gedink – daar was nie TYD nie!

Drieks ·

Ja Elizabeth, soms voel ek almal wat tot die 1980’s gelewe het, het nog “mooi ook beleef”. Nou is dinge darm baie lelik.

Jaco ·

My vrou werk saam met die Pa van die 16 jarige, hy het my vrou vertel dat hy en sy gesin deur diepe waters gaan met die ding. Die kinders van vandag speel net nie meer buite nie, dis net rekenaars en verhoudings, genade ek was as 16 jare nog die ene onskuld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.