Tiener vermoor glo ouma oor grond

hof-hamer

Argieffoto.

Die provinsiale direkteur van openbare vervolging (DOV) het Woensdag die vonnis van ʼn 18-jarige man vir die wrede moord op sy ouma verwelkom.

Elmon Phillemon Magabane (18) is Donderdag in die Limpopo-hooggeregshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die wreedaardige moord op sy ouma.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Magabane het op 12 Mei 2017 by Roossenekal in die Grondblersdal-distrik sy ouma, Kgarebe Stephina Masangu (78), in haar plakkershut doodgesteek.

“Die beskuldigde het toe die bure geroep en voorgegee dat hy sy ouma vermoor in die huis aangetref het. Die ouma is doodgemaak hoofsaaklik omdat sy geweier het om haar grond vir R1 miljoen aan ʼn onbekende koper te verkoop,” het Malabi-Dzhangi gesê.

Die beskuldigde het tydens die verhoor skuld erken op die voorval.

Adv. Manyenya Sebelebele het ter verswaring gesê die moord is met voorbedagte rade gepleeg en is veral ook erg omdat hy sy eie ouma vermoor het. Hy het ook die hof gemaan om in ag te neem dat hy die familie met emosionele en sielkundige skade gelos het wat nie onderskat moet word nie.

Tydens die vonnisoplegging is die beskuldigde se ouderdom, die feit dat hy ʼn eerste oortreder is en dat hy skuldig gepleit het in ag geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

GES ·

Maar net weer ʼn bevestiging dat meeste van die mense wat so oor grond tekere gaan eintlik die geld soek.

Alida ·

En hy het gedink hy gaan wegkom daarmee! Nou is die ouma dood en hy sit 18 jaar in die tronk. Dom mense leer nooit.

Oom Kalahari ·

Ai die kind het net bietjie geldjies gesoek en die grond was darem ook ‘n oplossing in daardie stadium. Hy was jonk en het nie mooi nugter gedink nie.

Shamepies ·

Ja siestog ek dink nie hy moet gestraf word nie, hy is ‘n produk van apartheid en hy het heeltyd net gehoor van grond en toe hy dit nie kry nie toe bespoedig hy maar net die proses soos Malema en Ramaphosa wil doen.

GM ·

Sy bly in ‘n plakkershut, maar sy het grond wat vir 1 miljoen rand verkoop kon word?

Attie ·

wonder vir wie gaan die regering nou daai plaas gee. as sy ouma daar begrawe is bly dit seker nogsteeds sy grond

Cherokee ·

‘n Moordenaar mag nooit erf vanaf sy slagoffer nie. Dit is ‘n wet wat baie logies is.

Nie in SA nie Cherokee ·

Wat ook seker gaan verander in die nuwe bedeling . al die moordenaars van boere gaan hulle plase kry. Den bloedig hand erf niet, sal NIE hier van toepassing wees nie .. in SA verander alles om die massas gelukkig te hou. Hy sal binnekort uit wees.

Shame ·

Dink net, om iemand te vermoor vir grond. Klink vir my dit is ‘n dilemma waarin baie boere hulle bevind. Hulle word ook vermoor vir grond, ook deur 18 jariges. Al verskil is, hulle word nie tot verantwoordig geroep nie en dit word nie veroordeel nie.

EVIL ·

Ja sien, dit is nie net witmense wat vermoor gaan word vir grond nie .. die anderskleuriges gaan ook les opse .. dit gebeur klaar .. Hierdie jong kinders is SO GEBREINSPOEL dat hulle dink dit is reg om mense (human beings) te vermoor vir GROND . want grond is al waaroor die regering van die dag en elke politikus en Tom Dick en Harry oor praat en dreig en moord op mense wat grond besit regverdig … dit gaan AL hoe meer gebeur … watch this space!

Lana ·

Stem saam Evil! Kom ons sê dit net weer – dis ‘n nie-blanke seun wat sy ouma vermoor het vir grond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.