Tiener vermoor glo ouma

Argieffoto: Nico Strydom

Die Noord-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n tiener van Groblershoop Donderdag in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy ouma.

Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou (64) is Donderdag in Seekoeistraat in Grootdrink buite dié Noord-Kaapse dorp dood aangetref.

Die tiener (17) is op die moordtoneel in hegtenis geneem, het Tawana gesê. “Die oorledene was die verdagte se ouma.”

Volgens Tawana dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die tiener en sy ouma na bewering stry gekry het en dat dié voorval tot haar dood gelei het.

Die verdagte sal eerskomende Dinsdag in die Groblershoop-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter du plessis ·

Die verskil tussen opvoeding gepaardgaande met disipline of iemand wat net grootgemaak is.

Linkse ·

Ditkom vandat die linkses dissepliene onwettig gemaak het, hier en elders.

Netta ·

Ek is ‘n dankbare ouma! Maar ons het met opoffering en opvoeding kinders grootgebring, sodat ons ons kleinkinders kan geniet en hul nie hoef groot te maak nie. En dan bly alles seker net genade.

LBS ·

Marlene, jy weet nie wat jy mis nie. Soos Netta sê, opvoeding is die woord.

Ekwilibrium ·

Ek was laasmaand in Groblershoop en die bedelende kinders maak mens gek. Waarom broei as jy wéét kanse op ‘n toekoms vir daardie kind lyk bleek? Want die ANC, EFF en BLF sal mos hul rykdom by hul voordeur aflewer…

Michelle ·

Jammer die ouma moes haar lewe verloor vir die kind hy is 17 het presies geweet wat hy gedoen het hy kan nou verhoor word en gaan sit vir moord. Dit verdien hy. Jy kan nie jou slegte gewoonte van dwelms en drank wat jy vir jouself maak, en dit dan later ‘n probleem word op ander uithaal en dan wil kom sê ek is siek of is verslaaf nie. Jy het van die begin af geweet bly weg . Stuur hom permanent tronk toe.

Elsa ·

Die inligting is bietjie foutief. Die kind en die ouma bly in Grootdrink, waar ek ook bly. Dis so 50 km vanaf Groblershoop. Die ouma is ook in haar huis vermoor. Ek was so geskok toe ek hierdie nuus gehoor het, want so 5 jaar terug was hierdie seun een van ‘n groepie kinders, wie ek hier by my huis leer tromme speel het. Hy is een van my huishulp se kinders se vriende. Volgens haar en wat mense in die woonbuurt sê, het hierdie kind al die afgelope tyd gesê hy hoor stemme in sy kop wat vir hom sê om sy ma en sy ouma dood te maak. Die ma suip glo verskriklik en is altyd dronk. Dis ‘n arm gemeenskap en alkoholisme is ‘n baie groot probleem hier. Dagga en veral Tik is net so ‘n groot probleem onder die kinders en jongmense. Vermoedelik was hierdie seun ook op Tik, maar ek weet nie of Tik die verslaafdes stemme laat hoor nie. Hy was altyd so ‘n klein en stil seuntjie en ek sou nooit so iets van hom verwag het nie.

LBS ·

Dit is baie tragies. Watse hoop het hierdie mense om uit hul ellende te kom? En ons kla!
(Alhoewel ons Regering ons redes gee om oor te kla)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.