Die Noord-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n tiener van Groblershoop Donderdag in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy ouma.
Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou (64) is Donderdag in Seekoeistraat in Grootdrink buite dié Noord-Kaapse dorp dood aangetref.
Die tiener (17) is op die moordtoneel in hegtenis geneem, het Tawana gesê. “Die oorledene was die verdagte se ouma.”
Volgens Tawana dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat die tiener en sy ouma na bewering stry gekry het en dat dié voorval tot haar dood gelei het.
Die verdagte sal eerskomende Dinsdag in die Groblershoop-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Die verskil tussen opvoeding gepaardgaande met disipline of iemand wat net grootgemaak is.
sy wou seker nie vir hom geld gee vir drank of dwelms nie.
Ek is nou eers bly ek is nie ‘n ouma nie
Ek was laasmaand in Groblershoop en die bedelende kinders maak mens gek. Waarom broei as jy wéét kanse op ‘n toekoms vir daardie kind lyk bleek? Want die ANC, EFF en BLF sal mos hul rykdom by hul voordeur aflewer…
Jammer die ouma moes haar lewe verloor vir die kind hy is 17 het presies geweet wat hy gedoen het hy kan nou verhoor word en gaan sit vir moord. Dit verdien hy. Jy kan nie jou slegte gewoonte van dwelms en drank wat jy vir jouself maak, en dit dan later ‘n probleem word op ander uithaal en dan wil kom sê ek is siek of is verslaaf nie. Jy het van die begin af geweet bly weg . Stuur hom permanent tronk toe.