Tiener wat byna verdrink in kritieke toestand

Foto ter illustraie. (Foto: NSRI)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag gereageer op berigte van ʼn verdrinking wat besig is om plaas te vind by Heroldsbaai op die Tuinroete.

Reddingswerkers is om 17:29 ontbied en die NSRI se afdeling by Wildernis, ER24-ambulansdienste en die Wes-Kaapse reddingsdienste het hulle na die toneel gehaas.

“By hul aankoms op die toneel het reddingswerkers ʼn 14-jarige meisie wat uit die water gered en op die strand neergelê is aangetref,” het Mike Vonk, NSRI-woordvoerder in ʼn verklaring gesê. “Mediese personeel, onder wie  ʼn dokter, ʼn paramedikus en ʼn verpleegsuster wat almal in dié tyd toevallig op die strand was, het begin om kardiopulmonêre resussitasie op die pasiënt uit te voer.”

Die NSRI het dié mediese personeel van noodtoerusting voorsien. Paramedici van die onderskeie reddingsdienste het ook gehelp om die kind te probeer bybring. Die meisie is later in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans van ER24 na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.