Tiener wat pasiënt vermoor word sielkundig geëvalueer

Die Bheki Mlangeni-hospitaal in Soweto. (Foto: ANA)

Die 17-jarige tienerseun wat glo twee bejaardes met ’n skerp voorwerp in die Bheki Mlangeni-hospitaal in Soweto aangeval het, het Maandag in die Protea-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

Sy hofsaak is tot 18 Mei uitgestel sodat die seun eers strafregtelik en sielkundig beoordeel kan word. Daar word aangevoer dat alles nie pluis is met die seun nie.

Phindi Mjonodwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die tiener word in ’n veilige plek gehou tot en met sy volgende hofverskyning.

Maroela Media het vroeër berig dié tiener is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy Donderdag glo twee bejaarde mans, onderskeidelik 84 en 72 jaar oud, met ʼn skerp voorwerp in die Bheki Mlangeni-hospitaal aangeval het.  Die 84-jarige man het aan sy beserings beswyk terwyl die ander man vir steekwonde behandel word.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte en die twee mans was almal pasiënte in die hospitaal en hulle is in dieselfde saal behandel waar die voorval plaasgevind het.

Die polisie ondersoek steeds die omstandighede wat tot die voorval kon gelei het.

Masondo het gesê verpleegsters wat ten tyde van die voorval aan diens was, sal na verwagting binnekort verklarings aflê. Die verpleegsters is volgens Masondo erg getraumatiseerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pompies55 ·

Nie eers hospitale is veilig nie.Sluit hom op en gooi sleutels weg.Ouderdom van moordenaar is nie n issue nie verwyder hom uit sameleweing,of gaan hy nou weer geestelik versteurd verklaar word?

Gogga ·

vir wat sal die hospitaal se naam ‘n onderstebo kruis verteenwoordig…..?

Porseleintjie ·

Dit spreek vanself Gogga. Gn wonder daar gebeur sulke dinge nie. Dis die vaandel waaronder hulle operate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.