Tienerma op waarskuwing vrygelaat na moord

court-hammer_thumbʼn Tienerma van Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat sy haar 18 maande oue dogtertjie verwurg het, is op waarskuwing vrygelaat.

Die ma, Nomcebo Mahlalela (18) van Tsambokhulu Trust naby Komatipoort, het Vrydag in die Tonga-landdroshof verskyn en onskuldig gepleit op aanklag van moord. Landdros Sibonisiwe Sibuyi het Mahlalela op waarskuwing vrygelaat en die saak tot 2 Julie uitgestel.

Mahlalela, ʼn graad 11-leerling aan Hoërskool Lebombo, is op 16 Mei in hegtenis geneem nadat gemeenskapslede agterdogtig geraak het omdat hulle nie meer haar kind gesien het nie. Daar is later vasgestel die baba, Faithful Masinga, is verwurg en haar liggaam is naby die Swaziland-grens gestort.

Staatsaanklaer Frederick Mhelembe het aan die hof gesê die rede vir die kind se moord is nog nie bekend nie. “Ek kan nie te veel oor die saak sê nie, want dit word nie ondersoek,” het Mhelembe gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meisie ·

Goed, kom vertel my nou………. hoekom word so saak nie ondersoek nie?? Is daardie kind se lewe dan niks werd nie?? Die ma word vrygeskeld, net gewaarsku…….. ok hoor, jy moet dit net nie weer doen nie…. dit is verrregaande!! Dit is geen wonder die kindermolestering, verkragtig en moord gaan maar net aan en aan nie kyk waarmee kom hulle weg!! Dit sal NOOIT einde kry voordat daar `n baie erger straf vir sulke mense is nie, die straf is te lig, daarom sal dit nooit ophou nie!!!
Ek wens regtig ons regstelsel wil bykom ,en ophou om die misdadiger `n groter reg te gee as die slagoffers!!! Dit is mos nou nie asof sy `n bleddie pen gesteel en en oor die vingers getik moet word nie……. dit is `n kind se lewe wat geneem is!!!!!!! Ons kinders is ons toekoms, maar wat se voorbeeld stel dit nou vir ons kinders??? dat hulle lewens eintlik ook maar niks werd is nie????Kom asb by en doen iets daadwerklik om die euwel te stop!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.