ʼn Tienermeisie is in ʼn ernstige toestand nadat sy Maandag in Sydenham in KwaZulu-Natal deur twee honde aangeval is.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die meisie is omstreeks 13:30 deur twee pitbull-terriërs aangeval.
“Die meisie het op die gras gelê toe paramedici by die toneel aangekom het. Hulle het haar op die toneel gestabiliseer en haar daarna na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir dringende behandeling,” het Jamieson gesê.
Volgens hom het die twee honde vermoedelik uit ʼn nabygeleë erf ontsnap voor hulle die meisie aangeval het. “ʼn Polisiebeampte het verby die toneel gery en stilgehou. Hy het die meisie bygestaan totdat paramedici opgedaag het.”
Een van die honde is op die toneel doodgeskiet. Die tweede hond het weggehardloop.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
53 Kommentare
Blykbaar is enige hond wat byt n pitbull terrier deesdae….
Pitbull. Dit is nie die enigste hond wat byt nie MAAR dit is die enigste hond wat doodmaak. Daar behoort n wet te wees teen die aanhou van daai gediertes. Ek ken tientalle van gevalle waar sogenaamde saggeaarde pitbulls mense verskeur het
Ek ook. Gevaarlike goed
Sterkte aan almal betrokke.
Elke Jan Rap en sy maat het mos nou n Piitbull. Hoop hierdie tiener eis miljoene van die eienaar !