Tienermeisie doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 13-jarige meisie is vroeg Saterdagoggend deur twee mans in Protea Glen in Soweto doodgeskiet.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die meisie en vyf vriendinne, tussen 13 en 15 jaar oud, is Vrydag na Thokoza Park in Rockville.

Hy sê ʼn bussie vol seuns het die meisies genooi om saam hulle by ʼn huis te gaan kuier. “Die meisies beweer dat die seuns in Protea Glen gestop het om vleis en drank te koop. Hulle het die meisies glo probeer forseer om met hulle seks te hê.”

Makhubela sê die meisies het geweier waarna hulle weggejaag is. Hy sê die meisies het omstreeks 02:00 Saterdagoggend in die strate geloop toe twee onbekende mans opgedaag en op hulle begin skiet het.

ʼn Polisiemotor het die meisies kort hierna gewaar en hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die een meisie is dood en die ander vyf is vir skok behandel.

Makhubela sê die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering en moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.