Tienermeisie jok oor haar ontvoering

hande vasgevind hands tiedMary Dilley (19) het voorgegee sy is ontvoer om te kyk of haar ouers vir haar omgee, het The Star Dinsdag berig.

Dilley en haar vriend Brandon Wester (19) het albei Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn en skuldig gepleit vir dwarsboming van die gereg.

Dilley het in haar verklaring aangevoer dat sy en Wester op 16 September ʼn valse ontvoering beplan het.

“Brandon het my gehelp om myself vas te bind en het foto’s van my geneem, wat ons na my beste vriend, Shaun, gestuur het deur Blackberry Messenger,” het sy gesê.

“Shaun het toe die foto’s na my ma gestuur, saam met ʼn boodskap wat Brandon opgeneem het. In die boodskap sê hy hy het my foon, besmeer met bloed, op ʼn bankie by die strand gevind.”

Sy het gesê hulle is die volgende dag by Wester se huis in hegtenis geneem. Wester in sy verklaring aangevoer Dilley het aan hom gesê sy wou haar ouers “skrikmaak”.

Albei het erken dat hulle geweet het wat hulle doen is verkeerd, en dat hulle nie ʼn verskoning vir hul optrede het nie.

Landdros Lily Mpongose ​​het die twee gevonnis met ‘n boete van R3 000 of ses maande tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hulle nie weer ʼn soortgelykte oortreding pleeg nie. Sy en haar ouers ontvang tans berading.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vas Vat ·

Wragtig, ons moet net aanhou, aanhouer WEN.

Dit is wat gebeur, lyfstraf is mos nou verbode. Kinders het geen meer respek vir ouers, onderwysers en ouer mense nie. Ek is nie meer jonk nie, maar glo my, ek respekteer my ouer en mense wat ouer as ek is.

Ai Ai ·

Vas Vat, as sy my dogter was, het sy ‘n paar klappe gekry, hulle moet my maar toesluit, sy sal dit nooit weer doen nie, daar is ander maniere om aandag te soek!

Mme ·

Pateties, pateties, pateties!!! Wat sal vandag se jeug nog aanvang?? Dink net hoe moes die ouers hulle bekommer het. Wat as dit nou regtig met haar gebeur?? Pakslae, maak nie saak hoe oud jy is!!!!

Marlene Hanekom ·

Daardie kind het beslis nie genoeg pakslae gekry nie. Kinders van vandag word so deur die skole en goddelose regering ge-indoktreneer met die human rights storie dat kinders dink hulle het die reg tot alles en as ouers nee se dink hulle hulle kan maar net hul speelgoed uit die kot gooi want hulle weet dat die ouers hulle slegte gedrag sal beloon omdat hulle(die ouers) dan sal dink hulle het fout gemaak met die kind se opvoeding.Die kinders moet asb onthou dat wat jy saai sal jy maai en as ek na die huidige generasie jongmense kyk sien ek ‘n bittere toekoms vir die jeug wereld wyd en ook vir die volgende geslag.Omdat lyfstraf afgeskaf is en onder die waandel van regte doen kinders hul ouers baie verkeerde dinge aan. God se Woord se duidelik dat kinders hul ouers moet eer sodat hulle (die kinders) ‘n lang lewe kan he. Lyk vir my as die kinders aangaan soos hul doen sal ouers hul kinders uitleef

Wilna ·

Dis nog nie al nie. Wie is die mense wat nou daardie boetes moet betaal om die arme aandagsoekende snotkopkinders uit die ‘wrede’ tronke te moet hou? Hulle ouers en wie se hulle het die geld?
Vandag se kinders maak my siek!!!!!!

LiGi ·

As die kinders nie die boete self kan betaal nie hoop ek die ouers stuur hulle vir die 6 maande tronkstraf. Daar sal hulle leer wie regtig omgee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.