Tienermeisie se liggaam in straat gevind

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 32-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn 13-jarige meisie se liggaam Sondagoggend in ʼn straat in De Aar in die Noord-Kaap ontdek is.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Nomvuyo Daki en haar vriendin het glo Saterdagaand by die man se huis gekuier. Die vriendin is later huis toe en Daki het agtergebly.

“Ons weet nog nie presies wat gebeur het nie, maar die meisie se liggaam is later in ʼn straat naby die man se huis gekry. Sy het erge kopbeserings opgedoen en daar is ʼn moontlikheid dat sy verkrag is,” het Kock gesê.

Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Riekie ·

Liewe land!!!!! Hoe kan n ma toelaat dat haar 13jarige by n man in sy 30s gaan kuier? Kla die ma ook aan!!!!!!!

petro ·

Ek stem saam, waar is die ouers van die kind gewees. Dis ouers wat nie worrie, dis hoekom vandag se kinders doen wat hulle wil. En ek hoop die monster kom nie weg met die crime wat hy gepleeg het. Is veronderstel om n voorbeeld te gewees het en die kind huistoe gevat het.

Riekie ·

Liewe land hoe kan n ma haar 13jarige toelaat om by n man in sy 30s te kuier? Kla haar ook aan!!!!

Christine ·

Ek klink nou maar seker hard en kras, maar waaarvoor ht agtergebly??? Sy dit maar gesoek en haar ma net so skuldig!! Of, dalk nog vir ma gejok dat hul kastig by ander meisi se hs was!moes ni utgegaan ht, te jonk! Maar ht mos nou lisensi van 12jaar af, so what! Nuwe SA!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.