Tienermeisie skend kêrel se privaatdele met suur

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

ʼn 17-jarige meisie van Mpumalanga het glo uit weerwraak suur oor haar kêrel se privaatdele gegooi nadat hy ʼn pornografiese video van die paartjie, sonder haar medewete verfilm en versprei het.

Die meisie, wie se naam weerhou word omdat sy minderjarig is, het op 17 Januarie batterysuur oor haar kêrel, Humphrey Khoza (25), se privaatdele gegooi terwyl hy besig was om saam met vriende by ʼn taverne naby Hazyview te drink.

Die aanval het sy penis geskend en hy moet nou deur ʼn buisie urineer en operasies ondergaan.

“Ek het nie bedoel om sy penis dood te maak nie,” het die meisie aan Sapa gesê. “Ek was kwaad en wou hom die pyn laat voel wat ek ervaar het. Ek het deur my klasmaats van die video gehoor, en aanvanklik gedink dit is ʼn grap totdat ek dit self gesien het. Ek het my kop verloor.”

Sy het gesê Khoza het haar gekul omdat sy nie geweet het dat hy nie ʼn kondoom dra of die daad op sy skootrekenaar se kamera verfilm nie.

Die meisie het die batterysuur in haar pa se motorhuis gevind, na die kuierplek gegaan en die suur oor hom uitgegooi.

Khoza het glo aan Sapa erken hulle het albei ingestem om seks te hê, maar die meisie het nie geweet dat hy die daad verfilm nie. “Ek was nie van plan om dit aan enigiemand te wys nie, en weet nog steeds nie hoe dit op sosiale media beland het nie,” het hy gesê.

Khoza het glo berou oor die voorval en beplan nie in die stadium om enige kriminele aanklagte teen die meisie aanhangig te maak nie, selfs al word hy deur ander mense aangemoedig om dit te doen. “Selfs as ek haar aankla, gaan dit nie my manlikheid terugbring nie. As sy tronk toe gaan sal dit net haar toekoms bederf want sy is steeds jonk. Ek het ook nie die energie om hofverrigtinge by te woon nie,” het hy bygevoeg.

Die meisie oorweeg egter om ʼn klagte van die vervaardiging van kinderpornografie teen Khoza aanhangig te maak.

Die Calcutta-polisie het gesê hulle sal die sake ondersoek, sou een of albei van hulle na vore kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

fred mollentze ·

dis erg maar laat dit n les wees vir almal wat op skool banke sit en hulle op hou met groot mens dinge.

ladybug ·

Onbesonne daad want sy dink nog soos ‘n kind!

Hou jou liewer by jou skoolwerk!

Lucy ·

Sy het nie geweet dat hy nie n kondoom gedra het nie?? Rerig..

Marietjie ·

Nie geweet hy dra nie kondoom nie??? Geen wonder die land is besmet met Vigs en onbeplande swangerswappe nie. Juffrou, bepaal jou asseblief by jy skoolopleiding – duidelik het jy nog ‘n paar LO lesse om in te haal. Net baie interessant dat sy nou “kinderpornografie” skree, maar was darem nie ‘n kind to sy ingestem het tot seks nie.

Cecilia ·

bewys jou net, vertrou geen man nie tot hy die ouers en tannie & ooms se toets geslaag het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.