Tienermeisie van Witbank gevind

Cherise Pienaar. Foto: Facebook

Cherise Pienaar. Foto: Facebook

Die tienermeisie van Witbank wat sedert Sondag vermis was, is Dinsdagoggend opgespoor.

Juliana Pienaar het gesê haar dogter, Cherise (15), is gevind nadat die familie ʼn anonieme wenk ontvang het.

“Die polisie, lede van die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) en beamptes van ʼn private veiligheidsmaatskappy is saam na die huis waar die bron gesê het sy is. Hulle is saam die huis in en haar en haar ekskêrel daar gekry. Die kêrel het weggehardloop toe hy al die polisielede sien,” het Juliana gesê.

Cherise het vermis geraak nadat sy en haar ma ʼn rusie langs die pad gehad het en Cherise weggestorm het. Foto’s van Cherise is sedertdien wyd op Facebook versprei met talle mense wat na haar gesoek het.

“Ek is net so dankbaar sy is oukei en sy is nie ontvoer nie. Toe hulle met haar by die huis aankom, was dit só ’n emosionele oomblik. Almal het gehuil,” het Juliana gesê. “Ek sal haar nou by ʼn sielkundige uitkry sodat ons enige probleme kan uitstryk en verhoed dat so iets in die toekoms gebeur. Baie dankie aan elke persoon wat help soek het en haar foto gedeel het. Ek waardeer dit uit my hart uit.”

Juliana het gesê sy is onseker of enige stappe teen die 24-jarige man, wat saam met Cherise was, geneem gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Pierre Celliers ·

Maar natuurlik moet die man vervolg word. Hy het besef hoe bekommerd haar ouers was en hy het hom afgevee daaraan!!!!

Hannelie ·

op 15 het ek met my poppe gespeel. Vroeg ryp vroeg vrot. .u

Knersus D ·

Beslis – en die 24 jarige gaan beslis van statutere verkragting aangekla word.

Sanet ·

Presies ek het ook op 15 nog met poppe gespeel. Ek het my eerste bf eers op 23 ontmoet.

YIP ·

Ek het ook nog op 15 pop gespeel en was ‘n kerel nie eers genoem in die huis nie.
Deesdae speel hulle op 15 met groot mans poppe en die ouers laat dit toe. dis die ergste.

PIXIE ·

BLAMEER SELFONE, TABLETS, INTERNET EN NATUURLIK FACE BOOK! Ai hoe verlang ek na die ou dae toe ek nog kind was en ook pop gespeel het op 15 jarige ouderdom. Net voor donker in die straat onder die straatligte met die bure se seuns BAL gespeel en Saterdae tenequit voor op die grasperk en met fietse om die huis gery (arme pa het vreeeeeslik gekla want daar was nie veel van sy grasperk oor nie). Ek kon DRIVE IN toe gaan op 16 jarige ouderdom maar moes 10 uur by die huis wees en as die fliek langer aangehou het moes die bestuurder my ouers skakel om te noem ek sal later as 10 uur tuis wees. Seunsvriende se STOVE PIPES was uit die bose asook hare wat GE-BRILCREAM was want dan was hulle DUCKTAILS en as ‘n outjie se hare ‘n bietjie te veel gekrul het was hy ‘n BASTER. Drank, praatjies van seks, rook, en Tupperware parties was TABOE!. Op my oudste sus se huwelik het ek my naam bollie gemaak toe my nefie vir my ‘n glas koeldrank bring – ek het volstrek geweier om dit te drink want my ma het genoem die blikkie koeldrank moet TOE wees mans gaan X^% daar ingooi en nou nou loop jy agter hulle aan.. Dankie oorle ma en pa ek is baie bly ek is so groot gemaak. Groetnis en liefde.

PIXIE ·

En moenie vergeet nie, selfone en tablets en internet is ook te blameer. Ek verlang na die ou dae toe kinders nog kinders was en kinders nog pak slae kon kry – vandag is dit aanranding !

Eurika ·

Ek wil net vir Maroela Media dankie se dat hul gereeld hul artikels opvolg.. So baie keer moet mens wonder wat het toe geword van daai en daai. Dankie ek geniet jul artikels die meeste van alle media. Soms net bietjie later as die ander met gebeure.. maar jul is tops. Hou asb so aan.

Marie ·

Sy behoort haarself te skaam om so klein Merrie te wees. Sy moet miskien haar lewe “omdraai”. Minder hartseer veroorsaak.

Genugtig ·

Ek gaan nou seker gestenig word…maar in die vorige berig het die ma “gestop, ‘n sigaret opgesteek…” en met haar VYFTIENJARIGE gepraat oor dié se eks-ou. Wat sy duidelik geweet het is 24-jaar oud. En sy wonder hoekom haar kind so reageer? Nee, Mevrou, ‘n sielkundige gaan nie help nie. Ek sou my dogter eerstens verbied het om met ‘n ouer MAN uit te gaan. Wat word van die wêreld! Ek het ‘n tiener, en sy sê nog “gross” as die TV-sterre soen.

Jakoba ·

Genugtig dit is hoekom die ma met die dogter oor die eks gepraat het, tien teen een vir haar mooi laat verstaan dat sy die verhouding nie goed gekeur het nie en nooit sal goedkeur nie. Dit is hoekom die meisiekind in woede weggestorm het want sy het nie met mamma saam gestem nie. Moet nie veroordeel nie hoor, jy weet glad nie wat daar gepraat was nie. Hoekom dink jy het sy in woede weggestorm …ek self is ‘n ma van ‘n tiener en hulle reageer so as hulle nie hul sin kry nie en as jy jou voet dwars sit. ‘n Sielkundige sal baie help om die probleme uit te sorteer. Asseblief hou net op om altyd te oordeel en te veroordeel, ander mense se boeke is duister en jy het groen koring dalk nog op die land.

Sam Steenkamp ·

Probleem met baie ouers vandag. hulle gebruik die verskoning van kinders wat dit tog sal doen as jy hulle verbied SNERT!!! Leer jou kinders van kleins af die regte dinge in die lewe en hulle sal vanself die regte besluite neem. Ek het vier groot gemaak, drie dogters en ‘n seun en ons baie trots op hulle vandag. Moenie verskonings soek as jou kind sulke dom besluite neem nie. Help hulle vroegtydig reg

candice ·

Dis die ding…
Kinders wil soos “groot mense” wees want hulle word soos groot mense behandel. Ek het al baie gesien dat kinders uithaak en dan vra die ouers met hande in di lug (wat het ek ooit gedoen om dit te verdien) … en die antwoord is … kinders is so want hulle moet hulself groot maak. Hulle moet verstaan dat hulle ouer is om meer verantwoordelikheid te dra, maar nie groot genoeg is om te doen wat hulle wil nie. Ouers hoef en kan nie altyd daar wees nie, maar as jy deel vorm van sy bestaan en besluite en jy jou kind reg leer sal jou kind weet wanneer hy met nonsens besig is…
Ek het nou sommer net genoem van hy… ek het net seuns…

Trevor Barber ·

Ek hoop daar word stappe geneem.

Dis bog die en pateeties dat ouers toelaat dat KINDERS so met ouer MANS en VROUENS in liefdes verhoudings is.

candice ·

Nie net dit nie… maw.. daai 24 jarige outjie “dink” soos ‘n 15 jarige kind… dis nie goed nie… op 24 is jy veronderstel om nuwe werks-uitdagings te soek… verder te wil leer, iets van jou lewe te wil maak, nie met ‘n kind jouself te wil besig hou nie.

Annerie ·

Mens kan maar na die selfies kyk en jou eie afleidings maak. Ek stem saam met bogenoemde kommentaar. Wat soek n 15jarige met n man van amper 10jaar ouer as sy self? Eks nie op skool toegelaat om ouens buite die skool te date nie.

Elsabe ·

Pragtige kind… ek voel so jammer vir haar. Op 15-jarige ouderdom is dit baie moeilik om sulke groot besluite te moet neem…ek vermoed hierdie is ‘n geval van ‘n “probleem-ouer” – daar bestaan nie ‘n so-iets soos ‘n probleem-kind nie – dit is probleem-ouers. Ons as ouers besef nie hoeveel druk is daar op kinders in die huidige samelewing – dit is geensins maklik om in hierdie tye kinders groot te maak nie – en as jou prioriteite rondom jou kinders nie in die regte plek is nie kan jy probleme verwag. Ouers se voorbeeld is van kardinale belang – jou kind gaan doen wat hy/sy jou sien doen. Ouers moet weer terugkom aarde toe en betrokke wees by hul kinders. Dissipline met liefde is die belangrikste in die proses – waar daar nie dissipline en orde is nie ontaard dit in chaos. Kinders het ‘n raamwerk nodig (veiligheidsnet) waarbinne hulle kan leef. Swak dissipline spoel oor in al die probleme wat ons deesdae in die samelewing ervaar om nie eens te praat van die chaos in ons skole nie. Sommige ouers blyk die mening te huldig dat die skool hul kinders moet opvoed. LANGENHOVEN het gese: “‘n Kind wat net op skool opgevoed word is ‘n onopgevoede kind”.

Johann Marx ·

Ons is op ‘n baie wetenskaplike manier grootgemaak. As my pa ons agter-ente goed warm gemaak het, het die was in ons ore dadelik gesmelt….en kon ons weer mooi hoor!!

Charmaine ·

My mond het oopgehang toe ek lees di ma stop Om n sigaret te rook! Regtig Sy kon nie wag tot by die huis ni.(bietji kommin). Stem saam met Annerie en Elsabe, kinders doen wat hulle sien, gewoonlik wat in hulle huise aangaan. Miskien is di ma agter di 24jarige kerel de lyf.

Peet Schabort ·

Cherise (en ma Juliana), sou julle dalk hier lees net die volgende:
Daar word met vuur gespeel met ENIGE man van 24 teenoor ‘n tienderjarige KIND van 15.
Oppas Cherise dat jy nie gaan popspeel met ‘n pop WAT DOEKE DRA.
Oppas Cherise dat jy nie gaan opeindig as ‘n enkelouer wat nie jou kind kan versorg.
Volgens die foto is jy ‘n pragtige kind en ons bid vir jou . . .

Willie van der Sandt ·

Die ma sê sy gaan die kind by ‘n sielkundige uitkry, ja die idee is reg, maar ek dink die ma (ek lees niks van ‘n pa nie) as daar een is hy ook het sielkundige hulp nodig , doen dit as ‘n familie, want dit is ‘n familie probleem. Cherise kyk hoe gou hardloop hy en los jou met die gebakte pere, defnitief niks werd nie vat my woord daarvoor.

Ella ·

Toe ons 15 was het die beld gesels. Ons sou dit nooit gewaag het nie. Kinders van vandag kort meer dissipline. En so ook die ouers.

Berhalet Beukes ·

Meisiekind, ek was ‘n bedrywige tiener. Ek het my ouers grys hare gegee omdat ek selfsugtig en onnadenkend was. Wat ek nie gedoen het nie, was om my ouers soveel angs te gee dat hulle deur hulp van die polisie moes gaan soek nie. Die lewe het gevaarlik geword en om jou ouers soveel vrees op die lyf te jaag is verskriklik selfsugtig. Ja, die lewe is vir jou vol probleme en dinge maar hou in gedagte dat jou ouers die beste doen wat hulle moontlik kan. Miskien is dit goed dat jou vriend vervolg word, miskien nie want nou is dit ‘n hele deurmekaar spul vir almal. Draai jou lewe om, fokus op die mooi en probeer om jou ouers tegemoet te kom. Dis nie altyd so eenvoudig om ‘n ouer te wees nie, probeer jouself in hulle skoene plaas. Hulle eerste prioriteit is jy en jou veiligheid, respekteer dit, respekteer jouself. Vind jou pad en maak ‘n sukses van jou toekoms, jou hele lewe lê nog voor! Intussen sal ons gebede by jou ouers s’n voeg met die hoop dat daar vir jou ‘n groot verandering sal kom en jy rustig raak!

Debs ·

Dankie tog my kinders is groot…. maar vandag se ouers moet meer betrokke wees met hulle kinders en dinge saam doen, vandag se ouers wat tieners het is te min betrokke. Daar is ‘n baie fyn lyn om ‘n balans te handhaaf tussen TE streng en TE laat gaan…., my kinders het ek alleen groot gemaak en is ongelooflik trots op hulle. OMDAT ek betrokke was in hulle vriendekrng… dis hoekom ek ‘n ma van vele genoem word. Sterkte aan al die ouers wat tieners het.

neelsie ·

Mevrou, kry jou prioriteite reg!
Jy is verantwoordelik vir jou kind se opvoeding.

Martin ·

Neelsie, daai is die rêgte antwoord. Ek hoop daai Ma lees dit.

Tasha ·

Jitte maar julle is ‘ vreeslik oordelende spul! Dis hoekom ons mensdom is waar dit is. Ek se nie wat Cherise of Juliana gedoen het is reg. Maar genugtig mense, bou mekaar op, ondersteun mekaar, gou opbouende raad. Moenie net afbreuk en judgements rond gooi nie. Hoe weet julle wat in daai mense se lewens gebeeur het? Wat op hul pad gewandel het? Niemand is perfek nie, nie een van julle nie. Cherise en Juliana, baie sterkte vorentoe, Mag God jul bystaan en op die regte pad lei. Mag jul net voorspoed beleef van vandag af. Cherise, my pop ouermans gaan jou nie die liefde gee wat jy wil het of nodig het, geen seun gaan op die stadium nie. Eendag as jy ouer is gaan jy dit wel besef. Probeer vir jou ‘n goeie toekoms bou. Werk hard aan jou skoolwerk, gaan leer, bereik iets in die lewe. Jy sal ‘n goeie man kry, bid nou al dat God op die regte tyd vir jou ‘n goeie man stuur. Ek weet jul kinders moet vandag baie vinnig groot word en daar is baie groepsdruk daar buite. Wees jouself, glo in jouself. Wees die beste mense wat jy kan wees en basta met die res!

Dee ·

Tasha goed gestel. As ouer enkel of nie is vandag se invloed heel wat meer as toe ek 15 was. Om vir n oomblik nie te weet waar jou kind is nie sal enige iemand na hulle spannings kierie toe gryp ie: rookie aansteek of n sjokolade gryp of nog koffie drink of soos baie doen n dop gryp om hulle senuwees te tem. Ons het almal ons tekortkominge maar liefde vir jou kind kan nie bepaal word deur of jy rook of nie. Plaas jou self net vir n oomblik in die ma se skoene… Dankie tog vir kommunikasie middels vandag hulle kon haar red uit die kloue van gevaar…. Mag die vir almal n les wees en hoop ek mis nie die uitroep na hulp wanneer my dogter 15 is nie.

Phillip ·

Ek persoonlik dink haar ma moet die sielkundige vermei en haar net n warm pakslae gee. En dan die knaap wat haar ex is moet vervolg word vir statutere verkragting.

Jakoba ·

Sy het sielkundige hulp dringend nodig en as ‘n kind wegloop of haar of sy eie lewe neem dan wonder almal hoekom dit gebeur het,hoekom het niemand die tekens gesien nie . Houdings soos joune het menige kinders op die selfmoord pad laat besluit. Tieners is inherent moeilik, en as hulle “gegroom” word deur ouer mans wat vir haar alles gee wat sy wil he en sy begin glo hy is lief vir haar en sy vir hom en die ouer vind uit en begin druk toepas dan tree hulle op net soos sy gedoen het. Jy kan maar dink jy het ‘n oop verhouding met jou tiener, glo my hulle steek dinge vir jou as ouer weg, dinge was jou hare sal laat rys. Ek glo dit is hoekom sy en en haar ma vasgesit het want haar ma het haar mooi laat verstaan dat sy dit nie goedkeur nie en toe hardloop madam in n woede aanval weg want sy wou haar sin he en sy het die houding van “EK SAL JOU WYS”. Het julle al ooit daaraan gedink dat haar mamma ‘n enkel ouer is ?

mamma ·

Al “sielkundige” hulp wat sy nodig het is een helse pakslae – word wakker gehoorsame “ma”!!! dis van kinders uit n boek grootmaak wat sy vroeg ryp vroeg vrot is!!

BoereBikerBaby ·

Hoe kan ouers toe laat dat hul 15jarige dogter in die eerste plek betrokke raak met ‘n man van 24???? Mans van daardie ouderdom is uit op net een ding met so jong meisie!

Los die sielkunde, want dit help nie vir die jeuk nie. More loop sy met ‘n boepens dan wil die ouers wonder hoekom…..

Bosbok ·

15 en het uitgegaan met n 24jarige man??????? Dink haar Ma moet ook die Sielkundige sien !!

Salomi Walters ·

Haal eers die balk uit jou eie oog, voor jy so oordeel . . . ons almal het groen koring op die land. Mooi gestel, Tasha en Dee . . .

Jacomien ·

Ek lees die kommentaar en besef net weer -ons kinders (en ek het 3 tieners) se groot uitdaging is sosiale media -Ek is seker sy het heeltyd met die jongman per selfoon gekommunikeer inplaas dat sy fokus op haar skoolwerk. Gee gehalte tyd vir mekaar -kyk mekaar in die oë as om kort-kort op die foon te loer wie het nou weer wat gedoen-

Theresa ·

15 en 24. My goeie magtig …………… Sy kan bly wees sy is nie my kind nie.

Spikkels ·

Defnitief. Ma kort ook ‘n paar warm lesse. Hoe kan jy toelaat dat 15jarige met 24jarige uitgaan. Die Ma moes die man al lankal by die polisie aangegee het vir kindermolestering want dit is wat dit is.

pikkie ·

Genade mense! Die kind is veilig en ongedeurd gevind! Wees bly daar oor. Dink waardeur daai mamma moes gaan dood van die worry! Sit jouself in haar skoene. In plaas van om te oordeel of kritiseer wees eerder bly saam haar. Die kind en haar uitlatings en wie of wat sy deur mekaar is mee is persoonlike sAke. Ek self se nie dit is reg nie. Maar dis nie my kind nie. So ek kan nie so oordeel of kritiseer nie. Hoekom kan ons nie net saamstaan nie hoekom al ewig oordeel ….. ? Dis regtig hartseer

Jakoba ·

En dit Pikkie is hoekom Suid Afrika en die Afrikaners voor ‘n afgrond staan want almal dink hulle is God om te oordeel en te veroordeel. God het gese die kom hom alleen toe. Wie oordeel sal geoordeel word, wie veroordeel sal veroordeel word.
Afrikaners ken net van klippe gooi en van klippe gooi gepraat en sien baie gooi lekker klippe, seker almal sonder enige sondes ne. Mense wat in glashuise woon en nee ek ken nie die mense nie ek woon in Namibia.

Theresa ·

Bly jy’s veilig terug tuis. Hoop dis regtig vir jou ‘n tuiste. Wanneer jy iemand gaan sien waarmee jy lekker kan gesels – luister asb dan na goeie raad. Jy gaan tien teen een nie hoor wat jy wil hoor nie, maar wat nodig is om jou kosbare jong lewe ‘n goeie pad te laat volg. Die ou is te oud vir jou – geen argument kan dit goedpraat nie – jammer. Jul is mos ex’e. Hou dit so. Hoop jy speel gesonde sport – dit hou mens besig. Daar ontmoet jy dalk ‘n oulike ou (mik maar solank vir niks ouer as 17 nie??). Voorspoed! Mens het net een jeug. En dit gaan die basis wees waarop jy voortbou. Gebruik die kans wat jou ma jou bied, om ‘n professionele persoon te gaan spreek. Dis ‘n buite perspektief en kan ongelooflik baie vir jou beteken.

nig ·

Beste raad: hok haar en verbied ALLE sosiale media. Sy is onder jou sorg as ouer en as sy haar wil wip moet sy maar, sy sal jou eendag bedank. Sosiale media is gemors. al dink jy jy is slimmer as jou ma, jy is nie; en om uit woede weg te gestorm het bewys dit net. Mens praat ‘n ding uit – DAN kan jy dink jy is volwasse as jy soos een optree.

Anderkant Die Water ·

Ek wil graag aan die mense met kinders wat reeds uit die huis is, wat so gal braak oor ouers wat nie hulle kinders opvoed nie… Ons kinders is nog peuters en ons kom uit streng huishoudings en het n fantastiese verwysing! MAAR in vandag se tyd sit ons as ouers met jong kindertjies met massiewe uitdagings wat julle nie gehad het nie… Ek kan dit nie vat as die ouer geslag so neerkyk op jonger geslagte en sarkasties se “In my tyd…” of “toe ek jonk was…” Ek dink dis onvolwasse!!

JJ ·

Los die kerel uit sê ek. Ek sit volle blaam op die ouers. Punt en Klaar.

Moekie ·

My seun is 24 jaar oud. Toe ek vir hom vra of hy by ‘n dogter (let wel, nog ‘n dogter) van 15 betrokke sal raak, het hy net uitgebars van die lag…. “Nee wat ma, dis mos nog ‘n kind daardie. Dit is mos verkeerd, sy moet mos nog met haar seunsmaats op skool uitgaan, nie met volwasse mans nie.” Dit laat my dink aan wat my oorlede pa altyd gesê het…”Mens kry probleem ouers, nie probleem kinders nie, want hoekom is dit kinders so, soos wat hulle is… dit is ‘n ouer se skuld. Ek het 2 kinders deur tienerstadiums gekry, en ek het nooit sulke problem gehad nie. Hulle was gedissiplineerd en het geweet wat is reg en verkeerd, en daar was kommunikasie in ons huis… is nou nog… en soveel respek. Miskien moet die ouers maar hand in eie boesem gaan slaan, en kyk waar hulle verkeerd gegaan het met haar opvoeding? Vandag se ouers is ook mos bang vir hulle kinders. Boeta en Sussa moet tog nie vir my kwaad wees nie… so laat hom maar doen wat hy wil!

annette duvenhage ·

Glo my sy kan bly wees sy is nie my dogtertjie nie…maar nou ja op 15 is die merries vandag so groot vir hulle skoene en katools jy kan dit nie oor vertel nie. Ek sit self met ‘n kleindogter dieselfde ouderdom en wil elke dag haar nek omdraai. Dis omdat ouers nie meer disipline en reels het nie dat dit so gaan. Facebook en Blackberry’s het poppe vervang en dit vry dat die spoeg spat.

Monica ·

Ek hoor baie hoe mammas spog, hul 6/7jr kind het al n kerel/Meisie en vra hul uit oor die verwikkeling. ???????? Maw die Klein kindjie ervaar drum om in daardie gebied te presteer. Nonsense man!!!!! Moet dan nie huil as hul op 12-15jr soos volwassenes seks het nie!!!!!

MK ·

Oordeel nie, dank God jou kind(ers) was nie deur versoeking verlei nie. Dis net deur genade dat ons kinders van vandag nie onder groepsdruk swig nie – ouer mans. Hormone is ‘n realiteit. Bevorder eerder jou verhouding met jou dogter/ seun, gee baie liefde. Wees deel van hul lewens/ tiener probleme. Dit maak ‘n groot verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.