Tienermeisie vas ná moord op pa

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

‘n 17-jarige meisie is in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op haar pa.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die 46-jarige pa is Saterdag vermoor toe hy sy dogter by haar kêrel gaan haal het.

Makau sê die pa en dogter het glo in ‘n argument betrokke geraak toe hy by die kêrel se huis opgedaag het.

“Die verdagte het glo die huis binnegegaan en ‘n mes gaan haal voor sy na bewering haar pa met die mes doodgesteek het.”

Die meisie is in hegtenis geneem en na ‘n plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan Ohlsen ·

Ons was al daar (verlief ) ons doen dit net om ons kinders te beskerm Dit is miskien op regt manier gedoen nie Wie weet

estelle ·

Johan lees bietjie weer ‘n keer jou kommentaar! Klink of jy dit goed praat! Maak nie saak op watter manier dit gedoen is nie, sy is 17 (pure kind) en vir haar pa se dood verantwoordelik!!

charmaine ·

Haar verskoning gaan seker wees dit was die duiwel se skuld en sy het nie geweet wat sy doen nie!
Die pa het dalk rede gahad om haar te gaan haal en die kerel is seker weer n ouer man wat ook net rondle vir kwaad geld. Werkloos, ruggraatloos,doelloos met n broek vol planne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.