Tienermeisie vas vir vriend se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige meisie van Lydenburg in Mpumalanga is in hegtenis geneem in verband met haar vriend se dood Saterdagmiddag in dié dorp.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die meisie, ʼn gr. 10-leerder, is in hegtenis geneem nadat die polisie en haar 21-jarige kêrel se familie onraad oor sy dood vermoed het.

“Haar kêrel is Saterdag in ʼn plaaslike hospitaal dood en die polisie is omstreeks 16:00 van sy dood in kennis gestel. Hospitaalpersoneel is meegedeel hy het uit ʼn boom geval op ʼn skerpvoorwerp, wat hom onder sy linkerarm gewond het,” het Sedibe gesê.

Die polisie is saam met die oorledene se familie na die toneel, by ʼn huis in die dorp, om verder ondersoek in te stel, aangesien dit gelyk het asof iets nie pluis is nie.

“Die polisie het gevra om die boom te sien waaruit die man glo geval het. Hulle het ook gevra om die skerp voorwerp te sien waarop hy geval het. Die skerp voorwerp kon nie opgespoor word nie en vuilspel word vermoed.”

Sedibe het gesê verdere ondersoek het bepaal die meisie en haar kêrel het glo baklei, toe die meisie hom na bewering met ʼn mes gesteek het.

Sy is in hegtenis geneem en later in die sorg van haar ouers vrygelaat. Sy het Dinsdag vir die eerste keer in die Lydenburg-landdroshof verskyn. Die ondersoek en saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gesonde demokrasie ·

Dit is nou gesonde demokrasie Zuma, kan nie wag dat dit by jou familie gebeur nie, glo my misdaad diskrimineer nie, dit weet nie van hoë posisies nie…….. Sterkte aan hierdie jong man se familie!

carol ·

Louis …… hahahaha ja nee ek stem staam – EISH!!!!!
Dit verklaar baie

Cherokee ·

Weet nie waarom jy met Louis saamstem nie Carol, want hy is hopeloos verkeerd. Ek was 15 jaar oud in Std 8 en dit jonger as gemiddeld omdat ek 5 jaar oud was in Grd 1. Voeg nou maar 2 jaar by vir ‘n kind wat 2 jaar later skool toe is en dan lag ons vir Louis en Carol. Terloops, hoe oud was júlle in daardie graad (as julle al daar is)?

kat ·

jip they are a 17 year old girl who kild her 21 year old boyfrend that were on his way to school.

marinda ·

Ja nee kyk daars n slang ini gras as di voorwerp ni eers insig isi is daar groot fout as di seun geval het waar is dit. Sterkte aan di seun se famili

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.