Tienermeisie verdrink, man vermis by St. Lucia

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

ʼn Tienermeisie het verdrink en ’n man word vermis nadat hy vermoedelik ook verdrink het in twee afsonderlike gevalle by die St. Lucia-strand noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Saterdag omstreeks 16:30 in kennis gestel van ʼn geval van verdrinking.

“Die NSRI het dadelik gereageer en by die polisie aangesluit. Daar is bevestig dat die liggaam van ʼn 17-jarige meisie in die water gevind is. Haar liggaam is tans by forensiese patoloë en ʼn geregtelike ondersoek sal gedoen word,” het Norman Rautenbach van die NSRI gesê.

Rautenbach het verder gesê die NSRI het ook gesoek na ʼn 30-jarige man, maar kon geen tekens van hom vind nie. “Die NSRI glo dis twee afsonderlike gevalle. Die geval waar die meisie verdrink het, het glo om 12:30 plaasgevind en die een waar die man weggeraak het, omstreeks 16:30,” het Rautenbach gesê.

Rautenbach het bygevoeg die polisie soek nog na die man en het met ʼn ondersoek begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Saluut ·

Weereens tragies met die see se strominge.
‘n Saluut vir die NSRI met ‘n uiters moeilike taak om mense op te spoor.

Pastoor ·

Baie jammer vir die naasbestaandes. Ek bly al 27 jaar naby st Luicia. Dit is nie n swemstrand nie. Die see strome is erg. Daars geen lewensredders nie en ook nie haainette nie. Visvangsrand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.