Tienermeisie verdwyn in strandmeer

Foto: Netcare 911

ʼn Sestienjarige meisie het vermoedelik verdrink nadat sy Saterdagmiddag deur ʼn sterk stroom by ʼn bekende strandmeer by die mond van die Umgenirivier in KwaZulu-Natal meegesleur is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 17:00 na die toneel by die Blue Lagoon ontbied.

“Volgens getuies op die toneel het ʼn 17-jarige seun en ʼn 16-jarige meisie probeer om die riviermond oor te steek toe hulle deur ʼn sterk stroom meegesleur is. Vissermanne wat gesien het wat gebeur, het hulle te hulp gesnel en kon daarin slaag om die seun veilig terug na die oewer te bring,” sê Herbst.

“Ongelukkig kon die meisie nie gevind word nie, ondanks die beste pogings van lewensredders, die polisie se soek- en honde-eenhede en ander owerhede.”

Herbst sê die seun is op die toneel behandel en is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

“Daar word vermoed dat die meisie verdrink het en die soektog na haar is vandag voortgesit.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Spikkels ·

Ai ai… jammer vir almal betrokke. Dit is ‘n verskriklike tragedie.

Mense, wees uiters versigtig vir “lagoons” en uitlope, nie om van die see self eers te
praat nie!

As iemand wat al ‘n paar harde hikes agter die blad het, en heelwat rivierkruisings moes doen, kan ek met ervaring sê dat mens baie versigtig moet wees as jy dit wil doen, en dit nie sommer moet probeer as jy dronk is nie (of nie ‘n sterk swemmer is nie).

Riviermonde, “lagoons”, en seestrome kan ongelooflik onvoorspelbaar en dodelik wees.

Wees uiters versigtig!

Cherokee ·

Spikkels, ek is verbaas. Die riviermond by Blue Lagoon is sowat 5 kilos van waar ek woon en ek het dit nog nooit so sterk gesien nie. Maar soos jy sê, riviermonde, lagoons en seestrome is absoluut onvoorspelbaar. Ons het heelwat reën gehad die afgelope dae en dit is natuurlik water vanaf hoër liggende gebiede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.