Tienerplaaswerker moor glo vir R10

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 17-jarige werker op ʼn plaas in die Biesiesvlei-omgewing in Noordwes verskyn Maandag in die Lichtenburg-landdroshof op aanklag van moord.

Volgens kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het die tiener Saterdag ʼn ander 17-jarige seun, wat na bewering ook op die plaas werk, glo aangeval tydens ʼn rusie oor R10.

“Die verdagte en slagoffer het ʼn speletjie met dobbelstene gespeel toe die rusie ontstaan het,” het Ramaloko gesê. “Die verdagte het glo ʼn skêr uitgepluk en die slagoffer in sy nek gesteek. Hy is op die toneel dood.”

Die polisie is ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bruno Stef ·

Hoe gelukkig was die NWU student nie die mes en skerstekers is heel bedrewe met enige iets wat tot hulle beskikking is behalwe om die saak met hulle vuiste uit te maak soos ek kon onthou uit my jong dae.

vermeende ·

Mooi Maroela, in die artikel het julle die bewoording reg.

Paul ·

Ek dink daar behoort ‘n verbod op skêre ingestel te word, met skêrlisensies en skêrbevoegdheidsertifikate wat uitgereik moet word voor iemand ‘n skêr mag besit.

pop ·

Ek gaan nog n toeval kry met al die pedantiese mense op maroela. Dink nie ek moet dit meer lees nie. Lyk my hulle sit soos “vermeende” net en soek taalgebruik en spelfoute. Dit gaan glad nie oor die berig nie. OK, en na julle ons geirriteer het, wat dan??

Genis ·

Hulle moenie dobbelstene speel nie, hulle moet gaan noot vir noot speel dan kry hulle ten minste ‘n 50 randjies in hulle absa spaarrekeninkies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.