Tieners aangekeer oor ernstige misdade

(Foto: SA Polisie)

Vyf verdagtes, waaronder drie tieners, is in hegtenis geneem in verband met vyf verskillende sake van verkragting, huisroof, die besit van ʼn nagemaakte vuurwapen en die besit van ʼn gekaapte voertuig in Browns Farm en Nyanga in die Wes-Kaap.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf verdagtes, 16, 17, 18, 20 en 30 jaar oud, is vandeesweek in hegtenis geneem.

“Die 18-jarige en 20-jarige verdagte het Donderdag in die Athlone-landdroshof verskyn. Die 18-jarige word daarvan beskuldig dat hy in besit was van ʼn nagemaakte vuurwapen. Hy is Dinsdag in Empolwenistraat in Browns Farm aangekeer. Die 20-jarige staan tereg op aanklag van gewapende roof en die besit van ʼn gekaapte voertuig,” het Rwexana gesê. “Polisiebeamptes was op patrollie toe hulle die verdagte met drie verskillende selfone en ʼn voertuig betrap het. Tydens ondervraging is daar bevind dat een van die selfone aan ʼn e-taxibestuurder behoort wat in dieselfde straat in Browns Farm beroof is.”

Die 16-jarige, 17-jarige en 30-jarige verdagte het Woensdag in die hof verskyn.

Die 17-jarige het in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting. “Die verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem ná hy glo vroeër vandeesmaand ʼn 12-jarige meisie in Nyanga verkrag het.”

Die 16-jarige is in hegtenis geneem toe hy en sy makkers drie plasma-televisiestelle, kontant en selfone in Calaweg in Nyanga gesteel het. “ʼn Vrou het gelê en slaap toe sy skielik ʼn harde slag gehoor het. Die verdagtes het in die huis in gestorm en kontant en selfone geëis. Hulle het ook met drie televisiestelle gevlug. Een van die televisiestelle is later in ʼn nabygeleë erf gevind.”

Die 30-jarige is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in Browns Farm. Die klaer het vleis op Facebook te koop aangebied en ʼn bestelling ontvang van iemand in Browns Farm. “Die klaer is deur agt onbekende mans genader toe hy vir ʼn kliënt gewag het. Hulle het kontant en selfone geëis. Die polisie se ondersoek het tot die inhegtenisneming van die een verdagte gelei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Coolbanana

Die Kaap sal nooit weer dieselfde wees nie…te veel Oos-Kapenaars word word ingevoer al vir baie jare….en dis die prys wat betaal moet word……daar is geen uitkoms nie…dit gaan uiteindelik oor getalle en politiek !

JM

Hierdie tieners het die voorbeeld by volwassenes gekry; só het hulle groot geword en hulle dink dít is hoe die lewe werk. Het nooit geleer om tussen reg en verkeerd te onderskei nie. Hulle is nie reg opgevoed nie (wat is dít?), maar opgevoeter. Op hierdie jeugdige ouderdom is die tronk reeds hul bestemming; en só verrot die jeug.

Genis

Mens skaam jou vir die land, en die wetteloosheid… En ou Cyril slap of is in denial…

modiglianigirl

Ek stem volkome met JM se stelling saam. Dit is werklik hartseer dat hiérdie kinders wat die vermoë het om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer as gevolg van swak rolmodelle en die afwesigheid van positiewe leiding in ‘n verwoestende trop ontaard het.

Derek

Dit is goed dat iets nou gedoen word.