Tieners beseer ná steierwerk by skool ineenstort

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense, waaronder vier tieners, is beseer nadat steierwerk Dinsdag by ʼn hoërskool in Randburg, Johannesburg, ineengestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:40 in die buurt Blairgowrie plaasgevind.

“Die tieners het glo naby die steierwerk gespeel toe dit ineengestort het. Dit is nog nie duidelik wat die ineenstorting veroorsaak het nie. Dit word ondersoek,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Paramedici van albei nooddienste het saamgewerk om die tieners en ʼn volwassene, wat na die siekeboeg geneem is, te stabiliseer voordat hulle met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Volgens Meiring het die mense geringe tot matige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.