Tieners beseer toe bakkie omslaan ná begrafnis

Die bakkie nadat dit omgeslaan het op pad terug van ‘n begrafnis. (Foto: ER24)

Dertien mense, onder wie verskeie tieners, is in Fochville, Gauteng, beseer toe hulle van ʼn bakkie afgegooi is. Twee van die tieners het ernstige kopbeserings opgedoen.

Die bakkie het Saterdag omstreeks 13:00 omgeslaan en die insittendes was glo op pad huis toe na ʼn begrafnis.

“Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel, het hulle die pasiënte verspreid oor die toneel aangetref. Agt tieners, tussen die ouderdomme van 12 en 16, is ook op die toneel aangetref. Twee van hulle, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, het ernstige kopbeserings opgedoen,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24 gesê. Twee ambulanshelikopters is na die toneel ontbied om die tieners na ʼn hospitaal te neem.

“Die res van die pasiënte, onder wie vyf volwassenes wat matige beserings opgedoen het, is per ambulans of privaat voertuie na verskillende hospitale geneem.”

Volgens Vermaak is dit nie seker presies hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dup ·

13 was in hierdie geval regtig ñ ongelukkige nommer……..miskien was daar meer in en op die bakkie en die res het weggehardloop…wie sal weet.

Jacobus ·

Ek wonder hoe kry jy 13 mense in een dubbelkajuit bakkie? Ek kry 8 in, dan is hy amper oorlaai. Eish

Hondjie ·

Kla die drywer aan vir nalatigheid.want hoe kan hy 13 mense op n bakkie laai? Hoe kan gese word….is asgevolg van daai 13 mense wat op bakkie was wat bakkie geval het.al was dit ni dalk geval ni mar ja……

Harley Davidson ·

Ek het nie eers geweet jy kan soveel mense agter op ‘n bakkie kry nie.

christo ·

Laat ‘n boer nou ‘n bakkie so oorlaai, dan slaap hy in die tronk.

Samuel ·

Op sigself is hierdie ongeluk tragies, selfs onnodig. Die bakkie was oorlaai en wat van sosiale distansieëring?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.