Tieners erg beseer toe toestel ontplof

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Vyf tienerseuns het ernstige beserings opgedoen toe ʼn ploftoestel Maandagaand by ʼn huis in Manenberg, Kaapstad, ontplof het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê dit is nog nie bekend presies watter soort ploftoestel dit was of waar die seuns die toestel gekry het nie. Die ontploffing het omstreeks 18:30 in Goudstraat in Vanguard Estate gebeur.

“Die seuns, almal tussen die ouderdomme van 15 en 20, is met ernstige beserings na verskillende hospitale gehaas. ʼn Saak van onwettige besit van ʼn ploftoestel word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Volgens African News Agency het Robert Daniels, ʼn woordvoerder van die provinsiale nood- en forensiese patologiedienste, gesê die toestel wat ontplof het, was ʼn handgranaat. Daniels het gesê twee van die seuns het kritieke beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spook ·

Snaaks daar word deesdae baie sulke voorvalle aangemeld van onwettige wapens en net die wat ons van hoor.Hoeveel doen die ronte? Weermag /polisie eiendom? Lyk of dit versprei word?

m ·

Stem saam Spook. Iemand verkoop seker hierdie goed aan die tieners . Hier is ma net nie meer beheer in hierdie land nie… Die ANC is te besig om Zuma in sy pos te wil hou en kyk nie na die groter prentjie van die chaos in hierdie land nie….

dries ·

Kan daar nie n wet gemaak word, dat n persoon n lisensie moet besit om vuurwerke te koop.

zahn ·

More Dries. Wat gaan dit help? Ons sit met talle wette op papier wat net mooi niks beteken nie. Wie gaan die wet toepas? Die vet tannies by kfc in die wit bakkies? Lees weer die berig, dis ‘n ploftoestel, maroela praat van ‘n handgranaat. Dit is militêre toerusting, iets waarvoor jy nie ‘n lisensie sal kry nie. Nêrens word melding gemaak van vuurwerke nie. Verduidelik gou vir ons hoe het jy by jou slotsom gekom?

Jack Russl ·

Ek glo nie ‘n handgranaat val onder die definisie van vuurwerke nie

Pop ·

Handgranaat = Plofstof – sorteer onder die wet van plofstowwe.
Vuurwerke – sorteer onder by-wette (by-laws) en daarvoor moet jy n lisensie he om dit te kan verkoop

charmaine ·

Die skoolvakansies is te lank en so sit hulle vir kwaad geld rond

zoom zoom ·

Hulle sal nie gou weer peuter met n granaat nie. Laat dit vir hulle en al die ander n les wees. Onthou slim vang sy baas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.