Tieners het glo 8-jarige seun verkrag

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die besonderhede van die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Drie skoliere van Mpumalanga het Donderdag in die Nelspruit-streekshof verskyn in verband met die verkragting van ʼn agtjarige seun.

Die drie, waarvan een 15 jaar oud is en twee 16 jaar oud, is van Clau Clau- informele nedersetting naby Witrivier. Hulle is op 12 November 2013 in hegtenis geneem nadat ʼn lid van die gemeenskap hulle glo op heterdaad betrap het waar hulle die agtjarige seun om die beurt verkrag. Hulle is nie gevra om te pleit op ʼn aanklag van verkragting nie. Al drie het regshulp versoek.

Cindy Sihlongonyane, staatsaanklaer, het gesê volgens die dossier het die agtjarige in September 2013 ʼn bok agternagesit toe die drie tieners hom oorval het. “Volgens die dossier het hulle hom gegryp en na ʼn leë plakkershut geneem. Hulle het ʼn stok gevat en hom daarmee gesodomiseer. Hulle het hom ook aangerand en geskop.”

Sihlongonyane het gesê tydens ʼn tweede voorval in Oktober 2013 het die drie weer die seun aangeval toe hy van die kerk af gekom het. “Volgens die dossier het hulle hom weer na die leë plakkershut geneem en hom gesodomiseer. ʼn Vrou wat gesien het die agtjarige stap saam met die drie tieners, het gaan ondersoek instel en die drie op heterdaad betrap.”

Landdros Vanessa Joubert het aan die drie beskuldigdes se ouers om verskoning gevra dat die saak gesloer het. Die saak is tot 29 Junie uitgestel.

Die drie beskuldigdes, wie se name nie bekend gemaak kan word nie omdat hulle minderjarig is, is onder toesig van hul ouers vrygelaat.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Die resultaat omdat lyfstraf teen die wette van ons sg. demokrasie is. Praat het nie gehelp met opvoeding. Wat nou met hulle? Lyfstraf . . .
Nou is ek seker in die sop. Kom ons kyk.

Estie ·

Peet Schabort, ek stem 100% saam met jou!
Ek is as kind geslaan as ek iets verkeerd, en so het ek geleer. Ek ly nie vandag aan en of ander kompleks nie. Ek het self vertroue en het respek vir ouer mense en my naaste… Nou is dit te laat om daardie boompies te buig….

Peet Schabort ·

Jy is so reg Estie. Jou ouers het ook gesê dat jy die pak slae uit liefde kry omdat hulle vir jou omgee. Dit (pakslae) is ook oordeelkundig uitgedeel en dit was net wanneer dit broodnodig was. Jy het nooit daaraan gewoond geraak soos byv. om etenstye te gaan eet. Daar was kere waar ek ‘oorgesien’ was maar uiteindelik my pak slae gekry het wat my weer ‘op datum’ gebring het. Dit was die ergste om jou ouer se duidelike teleurstelling te sien in jou MAAR jy kry nie jou loesing. Daardie pak slae wat in die lug gehang het en nie afgehandel is was by verre die ergste lyfstraf wat baie dieper as veldiepte gegaan het. Dit het gemaak dat jy nooit geweet het wanneer jou boekie vol is. Jy het vir baie lank in jou spoor getrap. ‘n Liefdevolle eerbied en vertroue jeens jou ouers het jy altyd gehad.

THEA SWART ·

sulke vuilgoed begin al vroeg met hulle stuitighede sluit die goed toe en gooi die sleutel weg – voorkom sommer nou-al toekomstige veroordelings – gee hulle vir die gemeeskap – as iets hulle pla kan ons hulle help om daarvan ontslae te raak – gemors van die aarde

pop ·

En dis alles apartheid se skuld. Snaaks dat die klas van ding in die laaste 20 jr n plaag geword het ne. Is oor daar nie meer wette is wat toegepas word nie. Dink net oor nog n paar jr wat gaan daai drietjies nog alles aanvang.

Tammy ·

Dit gebeur omdat kinders aan die regering behoort en nie meer aan die ouers wat hulle n loesing kan gee nie. Die kinders word gese om ouers by die polisie te rapporteer as hulle geslaan word. Hierdie drie is duidelik misdadigers met geen vrees vir straf nie. Sit hulle in die tronk vir ewig en voorkom dat jong meisietjies ook verkrag word deur hulle. Dis wys duidelik uit hulle optrede dat hulle geen respek vir die lewe het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.