Tieners in hof ná moord op skoolseun

Foto: Lindi Masingo/ANA

Die drie tieners wat verdink word van die moord op Kulani Mathebula, die 19-jarige seun wat Woensdagoggend buite ʼn skool in Mondeor in Johannesburg doodgesteek is, sal Vrydag in die hof verskyn.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die tieners, twee 15 jaar oud en ʼn ander 13 jaar, sal in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Die moontlikheid van borgtog sal vandag in die hof bespreek word, het Makhubele verduidelik.

Mathebula was Woensdagoggend op pad skool toe en is in ʼn veld naby die skool doodgesteek. Mathebula was in gr. 11 en het sowat ʼn kilometer van dié skool gewoon.

Die 13-jarige verdagte het reeds gister in dié hof verskyn waarna die saak tot vandag toe oorgedra is aangesien die seun eers geassesseer moet word, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

ʼn Verslag ná afloop van die seun se assessering moet gevolglik opgestel word wat aan die hof voorgelê sal word om ʼn voorlopige ondersoek van stapel te stuur, het Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, verduidelik.

Beeldmateriaal is vroeër aan die polisie oorhandig wat dié drie leerders van ander skole op die toneel geplaas het.

Die jongste verdagte is op die dag van die moord by ʼn ander skool in hegtenis geneem waarna die ander twee Donderdag in Soweto en Naturena in hegtenis geneem is.

ʼn Gedenkdiens vir Mathebula word vandag by die skool gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

En omdat dit tiener moordenaars is sal hulle seker net ‘n tik oor die vingers kry tot volgende keer.

VanAfrika ·

Wys hulle gesigte, as hulle sulke dade wil aanvang en n ander mens se lewe neem moet hulle “gename” en “shame” word. En dit net omdat hulle dink hulle mag.

ANA ·

Onbeskryfbaar wreedaardig!
Dit op so jong ouderdom,dis skokkend!
In ons regstelsel as “onverantwoorbare jeugdige agtergeblewenis” sal hulle seker niks oorkom nie ?

Heksie ·

Hoop hulle kry dieselfde straf as die kind wat by Nic Diedericks skool sy mede skoliere aangeval en vermoor het.

Marinda ·

Al kom hulle weg hiermee, wat ek regtig nie glo gaan gebeur nie. Sal die stigma van hierdie sinnelose moord aan hulle kleef. Mense sal sorg dat hulle dit nooit vergeet nie.

As hulle, hulle oë uitvee is hulle 18 en kan geregtigheid geskied. Kyk maar na die gevalle van die kinders wat hulle ouers en familie lede vermoor het.

ne ·

Dit is nou wat ons lieflike nuwe “rainbow nation” oplewer.

jaco ·

Our people se polisie en regstelsel tree nogal vinnig op wanneer our people vir our people vermoor. Hulle is ook wakker wanneer wit mense net die geringste dinge aan our people doen. Maar laat our people nou wit mense vermoor. Dan is dit skielik “maar net gewone misdaad”, ondersoeke duur lank, as verdagtes hoegenaamd gevang word is dit vinnige borg, sake word uitgegooi weens tegniese punte en gebrek aan getuienis en dié wat wel gestraf word, se strawwe is lig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.