Tieners in Kaapstad geskiet

geweerTwee tieners is Dinsdagaand in Kaapstad geskiet en gewond.

Robert Daniels, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, het gesê die skietery het omstreeks 19:00 in Bonteheuwel plaasgevind.

“Die rede vir die skietery is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het hy gesê.

Die tieners, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is deur die nooddienste na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Hul toestand is onbekend.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.