Tieners kan van volgende week ingeënt word

Suid-Afrikaanse kinders tussen 12 en 17 jaar oud kan van volgende week teen Covid-19 ingeënt word. (Argieffoto: Marvin Recinos/AFP)

Kinders tussen die ouderdom van 12 en 17 jaar oud kan van Woensdag teen Covid-19 ingeënt word en hulle het nié die toestemming van hul ouers nodig om die entstof te ontvang nie.

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het Vrydagoggend gesê dié stap word gedoen op aanbeveling van die ministeriële adviesraad, met die steun van LUR’e van gesondheid en die kabinet.

Amper 20 miljoen Suid-Afrikaners ouer as 18 jaar het reeds ten minste een dosis van die Covid-19-entstof ontvang.

Die Pfizer-entstof, wat die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) vir hierdie ouderdomsgroep goedgekeur het, sal ook gebruik word vir kinders. Kinders sal in hierdie stadium egter net een dosis van die entstof ontvang.

Volgens die minister was daar wêreldwyd enkele gevalle van inflammasie van die miokardium, oftewel die spierwand van die hart, by kinders wat ʼn tweede dosis van die entstof ontvang het. Phaahla sê daar was tot dusver egter geen langtermyngevolge nie en die simptome duur nie lank nie.

Terwyl navorsing daaroor voortduur, word net een dosis van die entstof vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud aanbeveel.

“Ons kan ouers en jong mense verseker dat daar geen permanente gevaar is nie, ons tref bloot voorsorgmaatreëls.”

Die regering hoop om minstens die helfte van die sowat 6 miljoen kinders in dié ouderdomsgroep teen Covid-19 in te ent voor skole vir die jaar sluit. Die inentings sal egter nie deur skole gedoen word nie.

Dr. Nicholas Crisp, waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sê kinders tussen 12 en 17 jaar oud het nie toestemming van hul ouers vir enige mediese behandeling nodig nie, hoewel ouers toestemming kan gee.

Hy sê daar geld ʼn veelparty-ooreenkoms tussen die departement van gesondheid, departement van onderwys en skoolbeheerliggame oor hoe toestemming binne die skoolstelsel gegee word en hoe dit binne dié konteks sal werk. Om hierdie rede word die proses nie tans deur skole van stapel gestuur nie.

Die elektroniese entstofdatastelsel (EVDS) word intussen aangepas om die nuwe ouderdomsgroep in te sluit en bykomende newe-effekte aan te dui. Kinders sal van Woensdag op die stelsel kan registreer en kan op dieselfde dag by enige sentrum aanmeld om die entstof te ontvang.

Verpligte inenting vir gesondheidswerkers?

Phaahla het vanoggend weer benadruk dat die regering nie verpligte inentings oorweeg nie, ook nie vir gesondheidswerkers wat nie die Covid-19-entstof ontvang het nie.

Hy sê die regering gaan voort met die benadering om mense eerder te oortuig van die doeltreffendheid en veiligheid van die entstof, as om dit verpligtend te maak. Verskeie regskenners het reeds aangedui dit sal waarskynlik nie ongrondwetlik wees om inenting te verplig nie.

“Ons wil baie versigtig hierna kyk,” sê die minister.

Sowat 77% van alle werkers in die gesondheidsektor het reeds die entstof ontvang, hoewel die persentasie in die private sektor moeiliker is om akkuraat te bepaal.

Phaahla sê daar was die afgelope ruk toenemende oproepe dat ʼn bykomende dosis van die entstof aan gesondheidswerkers gegee word. Die eerste gesondheidwerkers het sowat agt maande gelede as deel van die Sisonke-program hul entstof ontvang. Volgens die minister word die versoek oorweeg.

Die ministeriële advieskomitee het wel reeds goedkeuring gegee dat diegene met ʼn verswakte immuunstelsel ʼn bykomende dosis ontvang. Dit sluit in mense wat dialise kry of ʼn orgaan- of ander oorplanting gehad het.

Phaahla sê dit moet egter net op aanbeveling van ʼn mediese praktisyn en dan onder streng toesig gedoen word.

  • Volgens die departement het Covid-19-gevalle die afgelope sewe dae met gemiddeld 28% afgeneem, sterftes is 16% laer en die positiwiteitskoers staan op 2,7%. Daar was ook ʼn 3,5%-afname in hospitaalopnames.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

167 Kommentare

Jacob ·

Indien ‘n kind onder die ouderdom van 18 jaar oud sonder die ouer se toestemming inge-ent word, moet die ouer ‘n klagte lê in terme van die kinderwet teen die persoon wat die entstof toegedien het en ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die persoon wat die inenting gedoen het, aanhangig maak. Dit is volgens prokureur Schalk van der Merwe.

Van der Merwe stel dit ook duidelik dat geen werkgewer sy werknemers kan dwing om inge-ent te word nie aangesien werkgewers nie wette kan en mag maak nie. Hy stel ook voor dat studente wat deur universiteite gedwing word om inge-ent te word, individueel sake maak by die Menseregte Komissie teen die universiteit.

Hier kom ‘n paar interessante hofsake.

Belinda ·

Baie dankie vir die “tip” – eerste keer dat ek sien onderjariges mag iets sonder hul ouers se toestemming doen.
Hierdie land word al hoe meer belaglik.

Erica ·

Hoekom, want jy se so? Wat het jy gedoen om te hoor wat is reg of verkeerd? Niks soos gewoonlik

piet ·

Want jou prokureur ken of verstaan duidelik nie die Kinder Wet nie.

Elize ·

Kinders 12 en ouer het volgens wet nie hulle ouers se toestemming nodig nie, nie v voorbehoedmiddels of aborsies nie!

Madeleine ·

Baie hartseer nuus!! Nie eers ouers toestemming nodig nie!? Evil!!

Vlooitjie ·

Moenie kla as die kinders hierna net nog meer goed wil begin doen sonder toestemming nie

Cherokee ·

‘presedent’ is die woord wat jy soek. Die president is al baie jare oud.

Rooikopheks ·

Ek stem 100% saam met jou. Ek is dankbaar dat kinders ook nou ingeënt mag word. Dit bly per slot van rekening die beste positiewe besluit om die kringloop van covit-19 te stop.

Erik ·

Inge ek het, dis juis waarom ek so dankbaar is dat hulle ook veilig kan wees.

Rooikopheks ·

Nee ek het nie, wel kleinkinders wat ek graag sal wil sien volwassenheid bereik. Dogters wat 12jr oud is kan sonder ouerlike toestemming voorbehoed pille kry en ook gaan vir ń aborsie.

JN ·

Wel dit is verkeerd..Wys jou die stand van sake in hul onvolwasse ouers se huis….

LIEZL ·

ja, want dan kan kinders mos maar sonder toestemming na partytjies gaan, sonder toestemming, dwelms gebruik, sonder toestemming op kampe gaan ensovoorts

Kerneels ·

0.001% kinders gebruik dwelms met hul ouers se toestemming.

Vlooitjie ·

Dit is nog steeds nie okay nie, dit gaan nie oor of hul dit wel doen of nie, dit gaan oor jou regering die deur oopmaak dat kinders later geen toestemming vir niks nodig het nie. Die prentjie is bietjie groter

Erik ·

Liezl, dink jy kinders vra toestemming voor hul dwelms gebruik?

JN ·

Ja nee kyk dan wil sommiges se kyk dit is ma en pa se skuld dat hul misdadig optree..
Hul bly dan onder hul dak!
In my opinie sal die dekselse regering nie vir my kom se my kinders kan vir my se wat hul wil doen nie totdat hul agtien is en volwasse besluite kan neem nie…
Dit is presies die broeiplek vir n kommunisties idiologie wanner die regering kinders op twaalf volle reg gee om vir hulself te besluit onder jou dak om hul ouers te oorsien???..My beginsels is goed gebaseer op my geloof , my kinders is my reg en seëning…
En dis my keuses en advies…

piet ·

Jy’s gebonde aan die Wette van die land en die kinders het regte om oor hul eie gesondheid te besluit ongeag jou goedkeuring of nie. So ongeag jou geloof, beginsels of wat ookal jy moet gehoor gee aan die Wet of jou pakslae vat as jy dit ootree.

Willem ·

So nou gaan die Staat sonder ouers se toestemming hierdie eksperimentele “entstof” vir kinders inspuit wat in elkgeval ‘n 98,5% herstelkoers het? Die “entstof” keer nie dat jy Covid opdoen nie en jy kan steeds die virus versprei!? Dit gaan my verstand te bowe.

Gerhard ·

Kom ek vra die vraag so – Sal n veiligheids gordel definitief keer dat jy sterf in n ernstige motor ongeluk? Nee. Gaan dit jou kanse oorleef om te oorleef. Ja beslis.

Ja jy kan steeds die virus optel en ja jy kan steeds die virus verspei maar die kans dat jy die kan optel en versprei is baie minder as daarsonder.

Miskruier ·

Dis die ouderdoms groep wat meer newe effekte van die vac oorhou as van die virus self.

Ilze ·

Anet ja. Baie bewyse.Laat ent jy maar AL jou kinders in as jy graag wil.

Robert ·

Gebruik die Internet Cathy. Die antwoorde is daar indien jy genoeg navors.

Anoniem ·

Robert as jy genoeg navors sal jy sien die wêreld is plat

Misky ·

Enige iemand wat naby my kind kom met ‘n naald sonder my toestemming, is so goed soos dood!!!!!

Alex ·

Gelukkig kan jou kind self besluit of hy die verantwoordelikke keuse van inenting wil neem of nie.

Debby ·

Dan moet hy ook verandwoordlikheid aanvaar vir sy eie mediese onkoste as hy siek word

Irene ·

Dom antwoord want sonder die inspuiting kan hy dalk reeds dodelik siek word. Ek hoop jou kind word dit gespaar. Ek wens regtig hierdie siekte tie vir geen ouer of hul kinders nie. Sterkte

Erica ·

Met dit kan hy ook siek word en ander aansteek. So wie gee n dom antw hier. LoL

Anel ·

Dis somer. Mense word nie sommer siek in hierdie weer van ons nie. Die spuit is nog nie 100% nie, is nog in navorsingstadium. Veiligheid kan ook nie 100% gewaarborg word nie. Die hoeveelheid wat nog siek is of wat siek word, regverdig niks hiervan nie. Die doeltreffendheid tydperk kan dan ook nog nie eens bepaal word nie. Jy kin nog steeds siek word en doodgaan al is jy gespuit. So vertel vir my die logika. En van wanneer af het kinders nie hulle ouers se toestemming nodig nie?Ons kinders is nie die staat se eiendom nie. So is ek ook nie die staat se eiendom om mee te maak wat hulle wil nie!!! As die die toegelaat word is dit net nog ‘n stappie nader aan algehele komunisme!!!

Alida ·

Het jy reeds vergeet van verlede somer se 2de vlaag toe die beta-variant SA getref het? Toe die ambulanse tougestaan het by hospitale en daar geen beddens beskikbaar was nie?

piet ·

Kinders het nog altyd aan die staat “behoort”. Die staat is die oppervoog van die kind en kan besluit of jy jou kind self kan grootmaak of nie.

Erica ·

So ek gaan nou bak hand staan. Hulle moet dan sy klere, skool geld en somer alles betaal as my kind aan die staat behoort. Ek sien geen geld nie. Ek het nog nooit sulke bog in my lewe gehoor nie.

piet ·

Erica – Dis omdat jy nie die verskil tussen voogdyskap en gewone ouerlike plig verstaan nie. Die punt is dis jou ouerlike plig as natuurlike voog om vir die kind te sorg, as jy nie kan nie vat die staat as oppervoog jou kind weg sodat jou kind behoorlik versorg kan word. Die kind se regte weeg swaarder as jou ouerskap.

Ny ·

Daar is nie n manier in hierdie lewe wat my kind die inenting gaan vat nie!!

Madeleine ·

Nog nooit in die geskiedenis mag n mediese prosedure gedoen gewees het op n kind Sonder Ouer of voog toestemming nie. Hoekom nou? As dit nie n groot genoeg ROOI LIG TEEN DIE inenting is nie, weet ek nie.

Vlooitjie ·

Niemand is so dom soos die wat nie WIL hoor nie. Daar is mense wat aan die eksperimentele entstof glo nog meer as in die Bybel en maak nie saak watse rooi ligte flikker nie, hul sal dit nie glo nie.

Nicolaas ·

100%, die verandering van reëls, termes ens. wys net dat hierdie inenting en alles rondom dit, meer verdag is as wat die gewone skapies besef.

Kerneels ·

Madelein, jou kennis van mediese geskiedenis en wetgewing is onvolledig.

As ‘n kind van 12 jaar oud ingeënt wil word, kan die ouers die kind nie keer nie.

‘n Meisie mag vanaf 12 jaar oud ‘n aborsie laat doen sonder haar ouers se wete of toestemming.

‘n Dokter kan ‘n prosedure op ‘n kind uitvoer as die kind nie KAN toestemming gee nie (jonger as 12 jaar of incapacitated) EN die ouers weier, MAAR dit is in die beste belang van die kind (bv. life saving sjirurgie of bloedoortapping). In so geval moet die dokter vooraf toesteming by die Kliniese Bestuurder of CEO van die hospitaal kry.

Kry ‘n sterk koppie koffie (of sit ‘n pilletjie onder die tong) en lees gerus die Childrens Act No 38 of 2005 en die Choice of Termination of Pregnancy Act No 92 of 1996 .

Kerneels ·

Robert, moet asseblief nie woorde in my mond sit nie. Ek het nie gesê ek stem daarmee saam (of nie). Ek stel dit as ‘n feit.

Rooikopheks ·

Meisies van 12jr mag sonder ouers se toestemming voorbehoed pille kry en ook ń aborsie.

Irene ·

Dan is jy effens oningelig Madeleine, want n 12jarige swanger dogter mag n aborsie doen sonder haar ouers se toestemming.

MakersMark ·

Uitstekende antwoord. Die wat so hul kinders wil dikteer oor inentings wonder wat die bloedjie doen wanneer die “streng toesig” nie daar is NIE……

Stoffeltjie ·

Ongelooflik tragies. Ek hoop ouers skop vas en dat hulle nooit eendag die dag moet berou wat hulle instaat gestel het om so ‘n besluit oor hul kinders se lewe te moes maak nie. Ouers dink lank en dink hard en doen alles weer van voor af indien jy jou kind wil blootstel.

Ilze ·

Ongelukkig n hele klomp ouers wat soos skape wil slagpale toe loop MET hul kinders.

Drikus ·

Ek kan nie verstaan hoekom kinders en tieners ingespuit moet word nie, die % sterftes in daardie ouderdoms groep is omtrent 0%.. Enige iemand wat beweer dat die entstof 100% veilig is, het of ‘n kristal bal, of vat ‘n raai skoot. Ons weet bloot nie wat die langtermyn effek van die entstof is nie.
As die argument is dat hulle Ouma/Oupa beskerm, hoekom laat Oupa/Ouma hulle nie net self inspuit nie..

Piet parys ·

Hulle kon nie die grootmense oortuig nie nou wil hulle kinders dwing en as jy een inspuiting gekry het is dit soos verslaafdes dan moet jy opvolg inspuitings kry en dan beheer die regering jou met weiering om jou te dwing om na hulle pype te dans .

Alida ·

Nêrenx word gesê dat kinders gedwing gaan word nie. Daar word net aan tieners n keuse gegee, soos aan volwassenes.

ANET ·

Ek is bly my kinders kan nou ingeent word. hulle sal verseker heel voor staan in ry. ek hoop die wat so teen die vaksien is kyk Dr Scholtz se opname Zero to Zero en sien wat doen julle aan ons mediese personeel. En daar is bewys slegs 3% van gevaksineerde persone tans in Icu.. res is ongevaksineer. Julle behoort dan ook geen dr/ hospitaal of enige medikasie verder te neem.. . so dink maar daaraan as julle vinnig gryp vir n hoofpyn pilletjie volgende keer. Indien die ongevaksineerdes in ICU beland.. dan wil hulle smeek om enige metode van behandeling te ontvang om te oorleef.. dis absolute Onkunde wat julle teen Vaksien het.. Waar sou ons wees as Pokke, masels en nou Malaria nie gevaksineer kon word.? ons sou met gestremde kinders gesit het. word wakker.. die dokters sien nie kans vir n 4de golf..Drs erken prontuit, Kyk asb Zero to Zero voor julle komment op my brief. dis bes gedokumenteerde video gemaak in n covid saal. Kyk hoe moeg en uitgebrand is ons doktors,

Vlooitjie ·

Doen gerus wat jy voel is goed en reg vir jou familie…ek dink die grootste probleem hier is die “sonder ouers se toestemming”

Anel ·

Die inentings wasrvan jy praat was vir jare getoets. Die gemirs wat hulle vandag in die kinders of ons wil spuit, is nog nie eens behoirlik ‘n jaar getoets nie. Daar is nog geen langtermyn toetse gedoen nie. So doen maar wat jy goed dink. Hoop net jou kibders gaan jou nie eendag kwalik neem nie.

Rooikopheks ·

Dalk is jy nie eers daar om jou kinders te sien groot word nie, jy kan ook in I.C.U. beland. Ek en my kinders en kleinkinders is nie bang vir die inenting nie.

Pierre ·

en op wie was dit jare lank getoets, sekerlik moes iemand daai jabs ook geneem het?

Nici ·

Hoop jou kinders het nie eendag fertiliteitsprobleme nie. Die veiligheid in hierdie is nog ‘n vraagteken.

Kerneels ·

Liewe Anet,

Jy praat waar. Die medici is uitgebrand. Punt.

Sommige mense verander van plan en vra vir die inenting wanneer hulle in die hospitaal opgeneem word – dan is dit te laat! As hulle benoud is as gevolg van suurstofnood is hulle bereid om ENIGE iets te probeer. Om stadigaan te versmoor, is ‘n onmenslike manier om dood te gaan . En die medici moet dit dag na dag aanskou – hulle is dus nie net uitgebrand nie, maar ook getraumatiseerd.

My persoonlike opinie is dat mense ‘n knee-jerk reaksie het teen alles wat na government of ANC ruik. So ook die inentings wat (alleenlik!) deur die regering uitgerol word. Niemand gaan staan stil en dink objektief daaroor nie. Daar is al soveel blankes landuit. Wonder hoeveel blankes gaan as gevolg van Covid sneuwel? Die grootste risikofaktore is ouderdom, diabetes en hoë bloeddruk – en so baie blankes lyk soos vaatjies van lekker eet.

Ek sou graag saam met jou wou kuier oor ‘n koppie koffie….

MakersMark ·

Ek stem saam. Geen professiomele mediese hulp nie. As die anti vaxxers of hul kinders siek word gee hul suurlemoeme, knoffel en Afrika aartappels pas by hul mentaliteit.

Yolandie ·

Daar is nie a manier dat my kind ingespuit word sonder my toestemming. As julle ‘n oorlog wil hê vat aan ons kinders…..die poppe gaan dans!!!!!!!

Irene ·

Nie vat aan jou kind nie. Jou kind moet self gaan vra vir die inspuiting. Ek het nerens gelees die kinders word gedwing om gespuit te word nie. Praat van oor-reageer

Papsak ·

Misky ek stem saam met jou hulle moet daai inenting in hulle self op druk en my gesin uit los

Boer ·

Soder toeteming nogals. Maar my kind het my toesteming en dan is my hele gesin ingent. So dan kan ons met vryheid bietjie rugby as n gesin by die stadion gaan kyk.

Anel ·

Wat mense nie alles sal doen vir afgod sport nie. Letterlik jou lewe gee!!!

Ilze ·

Absoluut ridiculous ja !!! So wil ons staat nou ons minderjarige kinders besit?!!! En beheer?!!!

Gerhard ·

Absoluut onaanvaarbaar. Ek meen jy mag nie eers uit die land uitgaan sonder die regering se toestemming nie. Hoe durf hulle vereis dat ek vir my kind n paspoort moet kry. Dis my kind en ek kan hom mos vat waarnatoe ek wil.

piet ·

Gerhard – Die blote feit dat jou sarkastiese stelling meer opduimpies kry as afduimpies, is ‘n duidelike bewys hoe hierdie mense se koppe werk. LOL

Christine ·

Die begin van die NWO om besit van ons almal oor te neem en kinders te leer om op te staan teen hul ouers. Die liberale gaan nog hul hare uit hul koppe trek in die toekoms dat hulle hierdie tipe goed ondersteun en goedgepraat het.

Tolletjie ·

My kinders sal, wanneer dit hul beurt is, en indien hul wil, hul inenting ontvang. Ons het dit reeds met ons kinders bespreek, en ek en my man het beide altwee ons inentings ontvang sonder newe effekte. My oudste is 11 en hy wag geduldig vir sy beurt.

Ilze ·

So. Hul gaan natuurlik by skole en byeenkomste van kinders opdaag en hul net eenvoudig in-ent!!!

piet ·

Hopelik en so ‘n goeie voorbeeld stel vir die ongehoorsame ouers. As ek reg onthou het die klinieksusters ook net opgedaag by die skool en begin ondersoek. Moes maar in die ry staan en wag, geen keuse gehad nie. As die departement dink dis die regte ding om te doen, moet dit gedoen word. Luister nou na mnr. Lesufi.

JohanR ·

Soe wie is nou die baas van JOU kinders onder 18……jy as ouer, of ons wonderlike ANC regering?

Christine ·

Daar is geen manier dat die ANC regering die beste vir jou kind wil hê nie. Die liberale vertrou en ondersteun die verkeerde gesag. Arme kinders.

Irene ·

Ek is so bly dst die kids nou gespuit kan word. En ja selfs sonder ouers se toestemming. Daar is party ouers wat meer dronk as nugter is en die kids is aan hulle self oorgelaat. So daai outjies met die useless ouers kan self besluit. Aan die kloml ouers wat ontevrede is met die groot vergunning… die inspuiting is nie dwelms nie…. dis ten voordeel vir u ki d se gesondheid. Ouers wat hulle kinders verantwoordelik groot maak en waar ouers betrokke is kan mos trots wees as die kind vir n inspuiting wil gaan. En in huise waar dinge op die regte manier gedoen word… why worry jou kind sal jou kom vra wat die voor en nadele is. Gee jy net die regte info aan jou kind. Hierdie is eintlik n geleentheid om u kind te lei. Hou op moun oor alles. Die ouers wat tieners aan covid afgestaan het sal wat wou gee vir daai kind om betyds gespuit te kon gewees het. O ja ek het n 6jarige dogtertjie.

Gerhard ·

Regte inliginting is vir my enige nuus wat nie van facebook of van n comment section af kom nie en waar daar verkondig word dat “Hierdie die ware feite is wat die hele wereld wegsteek”. Ek sou eerder met my dokter praat. Ek meen hulle het mos opleiding ontvang of hoe?

EK meen daar is een ou wat beweer hy het n aluminium gebasserde lewende “alien” orginasime in sy bloed gekry nadat hy ingeent is. Hy verkoop sy twak op youtube en facebook. Maar mense glo so iemand eerder as profesionele medies personeel. As ek iets wil weet van effektebeurse gaan ek mos nie met my tuinier praat nie.

Rooikopheks ·

Die probleem is nie die inenting teen covid-19 nie, eerder die mense wat alles vir soetkoek oopeet op sosiale media. Dit vat nie veel tyd tyd vir mense om onwaarhede te versprei nie.

piet ·

Desire – Die punt is hulle weet hulle is verkeerd met al die wetenskaplike bewyse teen hulle. Nou gryp hulle na enige strooihalmpie twak maak nie saak waarvandaan dit kom nie.

Gerhard ·

Manie, gesels eerder met n dokter wat nie op facebook gestudeer nie vir sulke vrae.

Kerneels ·

Ja. Diabete is in ‘n hoë risiko groep om ernstige Covid te ontwikkel, ongeag hul ouderdom.

Die belangrikste risiko faktore is hoë bloeddruk, diabetes en obesity – in hierdie volgorde.

Johan ·

“Phaahla sê daar was tot dusver egter geen langtermyngevolge nie en die simptome duur nie lank nie.”

Hoe op aarde kan ons binne 1(een) Maand sê daar is GEEN lang langtermyngevolge nie?? Dit is absurd! Langtermyngevolge is 3/4 Jaar +. Nie 30/60 dae nie!

Cheryl ·

Daar is bewyse, maar dit word stilgehou. Mense glo blindelings dat dit geen langtermyn newe effekte het nie. Enige iets net om weer hulle vryheid terug te kry en dit gaan nie sommer gou gebeur nie. Ek weet van 3 mense in my omgewing wat dood is 2 mnde nadat hulle die entstof gekry het. Hulle was gesond voor die inspuiting. Daar is ook genoeg wêreldwye persoonlike getuienisse van mense, wat kinders insluit, oor die gevare. Doen net julle eie huiswerk. Afduimpies go for it!

Anoniem ·

Jy kan nie een van jou bewerings staaf nie, en jy weet dit

Gerhard ·

Cheryl. ek hoor baie mense se “dit word stilgehou”. Hoe hou mens ernstige newe effekte stil as amper 7 biljoen mense ingeent is. Dis nie iets wat sommer toegesmeer kan word nie. Saam met die toesmeer het hulle dit reggekry om die hele wereld se dokters aan hul kant te kry. Dan kan ons net na die of daai dokter ,uit die hele land, luister.

As een dokter dit se en 99 ander dokters se dat. Wie sal ek glo. Duidelik die groep waar die meerderheid saamstem.

Ek is jammer oor die mense wat rondom jou gesterf het. Die ineting was nog nooit ‘n 100% oplossing nie. Dit verbeter jou kanse.

MakersMark ·

“Dit” en “hulle”. Anti vaxxers se gunsteling bangmaak stories.

Piet ·

Ek as ouer sal die regering vervolg as hulle my kind sonder my toestemming inent!!!Laat anc hulself vergiftig met entstof en los mense uit wat nie ingeent wil word nie!!Voetsek cyril en kie,voetsek!!!!!!!

piet ·

Ek dink dis ‘n goeie idee. Eerstens leer dit die kinders gehoorsaamheid, patriotisme en nasietrots. Tweedens leer hulle hul ongehoorsame ouers wat patriotisme is en wat die regte ding is om te doen.

Christine ·

Dink jy die ANC regering het enige patriotisme, gehoorsaamheid en nasietrots? En jy volg die raad van die grootste korrupte gesag in die land vir jou kind se gesondheid? Dink jy vir een oomblik die ANC regering doen enigiets ten voordeel van jou kind?

piet ·

Kinders van 16 kan reeds ‘n geldige testament maak en 14 jariges kan as getuies by ‘n testament teken. Kan nie ‘n probleem sien dat hulle self kan besluit oor die inenting ook nie.

piet ·

Afduimpies is vir my oulik wanneer jy die ware feite deurgee. Red nou ‘n nasie met so ‘n volk. LOL

RS ·

My kind sal nie gespuit word nie! As dit gedoen word sonder dat hul toestemming vra sal ek n klag gaan le en die wereld sal ek laat stil staan oor dit!!!!!

piet ·

Jou kind het nie jou toestemming hiervoor nodig nie, kan self besluit. Jou klagte le gaan niks beteken nie om die waarheid te se die polisie gaan jou wegjaag en se jy mors hulle tyd.

Toy ·

Eks jammer ek sal nie my kinders so laat inent het nie. Hulle is geen profkonyne nie. Hierdie is nie kinderinentings nie.

Marisa W ·

“The Children’s Act 38 of 2005 provides that children over the age of 12 years can consent to their own medical treatment or that of their children, provided they are of sufficient maturity and have the mental capacity to understand the benefits, risks, social and other implications of the treatment (section 129(2)). “

piet ·

Dankie, daar het ons dit nou. Jannie en Sannie kan se , hoe’s dit ek soek die jab.

Mercia ·

Die probleem kom mos nou in by “SUFFICIENT maturity ……and mental capacity to UNDERSTAND benefits, risks and other implications” Almal van ons wat ouers is behoort teen hierdie tyd te weet dat geen kind onder 18 enige van daardie “virtues” besit nie. Hulle verbeel hulle hulle doen, maar die resultate bewys altyd die teendeel.
Meeste ouers word in elk geval gelei deur Goddelike gesag……nie toegeken deur die staat wat op wankelrige bene wil kom spiere bult nie.
Daar is ‘n Godgegewe gesins samestelling: God sê en Pappa en Mamma luister na Hom. Dan sê Pappa en Mamma….en kinders luister na hulle. Net op daardie manier word gesonde besluite gemaak met gesonde resultate. En dit sal geensins anders wees met hierdie inenting nie.

Hennie ·

Kan nie wag vir wanneer van die mense wat so voor in die koor staan tot ‘n nugterheid geruk word nie. Dink ‘n gekweste buffel is die gevaarlikste, Dr’ s moet maar pasop

MakersMark ·

Beste nuus ooit. Laat Frikkie en Martie maar in lyn val.

Dirk Mostert ·

Jy is een van die kanaries in die koolmyn. Hou aan kommentaar lewer.

Irene ·

Ek wens almal sterkte toe wat hulle nie wíl inspuit nie en wat weier dat hul kinders gespuit word. Die persentasie sterftes is nie so kommerwekkend nie, maar dis die siekste wat ek nog in my lewe was. En as ek myself dít kan spaar en as ek my kind teen dít kan spaar…. moet my nie kruisig nie. Net soos ek vir almal sterkte toewens wat hulle nie wil spuit nie…. ek wens hierdie verdomde virus gaan oor.

Christine ·

Gelukkig kan elkeen nog vir hom/haarself besluit. Die kommerwekkendste is wanneer ons keuse van ons weggeneem word. Dan sal ons besef die euwel in hierdie beplande pandemie.

MakersMark ·

Beplande pandemie ? Was die pes in die 1300’s beplan? Of die geelkoors plae in Afrika ? Of die spaanse griep van 1918 ? Geen benul waarvan jy praat nie.

Pim ·

Hoekom raak van die mense so vreeslik aggressief oor die inenting? Het julle nog nie Covid gehad nie of wat is die probleem?

My 16 jarige seun het Covid by die huis aangebring en ons was almal vrek siek. Dit was in Junie voor ons ingeent kon word. Ek sukkel met ‘long covid’. Dis glad nie ‘n plesier nie. Ek kan nogsteeds nie proe nie, dis aaklig. Verder het ek nog ander pyne en skete ook oorgehou. Ek en my man is nou ingeent en my kinders sal verseker gaan. My 16 jarige sal vir julle vertel dat hy nooit ooit weer so wil voel in sy lewe nie.

Toe ek op Laerskool was is ons almal ingespuit as die Staat Suster by die skool opgedaag het. Jou ma het nie toestemming gegee nie.

Ek dink ook almal wat so aggressief is moet dalk net onthou dat dit nie net in ons land gedoen word nie, maar reg oor die wereld en vir miljoene ander mense en kinders.

Gerhard ·

Dankie Pim. EK is bly julle is bteer. Hierdie ding is lelik as hy jou vasvat.

MakersMark ·

Meeste AV’s dink nie verder as hul tuinhekkie nie en glo nog steeds in sameswerings teorieë. Ander worry weer oor die “effek van die spuit” op hul gesondheid maar rook twee pakke piet rooi ‘n dag en naweke vat hul die karatewater maar die inenting gaan jou doodmaak…….

Christine ·

Jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie en kan nie namens enige vaccine hesitant persoon praat nie. Jou stelling is heeltemal verkeerd.

MakersMark ·

Ek praat nie namens hulle nie. Ek praat teen van die belaglik argumente teen inenting. Van magnetisme, merk van die dier, genetiese mutasie, mikro skyfies in die entstof ens. Ek werk in die veld van mediese tegnologie so ek weet presies waarvan ek praat so dalk weet jy nie waarvan jy praat nie.

Frikkels ·

Ek neem die besluite rakende my minderjarige kinders. Geen staats werknemer of departement kan my dwing om afstand te doen van my reg as ouer nie. Raak aan my kind, dan sien jy wat gebeur!

Irene ·

Sover ek gelees het staan daar jou kind HOEF nie jou toestemming te kry nie. NERENS lees ek hulle gaan jou kind sonder jou mede wete aan sy arm uit jku huis vat en hom dwing om die inspuiting te kry nie. Ek hoop jou kind is een van die lucky ones wat nie ernstig siek word van covid nie…. nee wag ek bid dit.

piet ·

Volgens die Kinder Wet is dit die reg van die kind wat ouer is as 12 jaar om self oor sy gesondheid te besluit. As jy teen die kind se wil probeer keer/weier dat hy ingeent word, is dit kindermishandeling en kan jy aangekla word.

Gerhard ·

Ok. so as ek die berig lees dan lyk dit vir my of ek my kinders kan ineent as hulle tussen 12 en 18 jaar ou id. Dit lyk vir my ook na n berig wat inligting gee oor wat ons land doen wat alreeds ooreenstem met wat in baie ander lande in die wereld gebeur. Ek sien niks van “kinders word verplig en sal ingeent word met of sonder ours se toetstemming of julle gaan tot die ewigheid verdoem” word nie.

Ontspan mense.

Hendrik ·

Ek wonder watter mediese grade almal hier het wat so gekant is teen die inenting, dis so goed ń passasier neem oor by ń loots van n vliegtuig en wil homself land, daar is altyd ń kans dat n vliegtuig kan val, maar ons almal vlieg omdat die loots die nodige kennis het

MakersMark ·

Meeste wat hier so aangaan oor inentings dink nie verder as hul tuinhekkie nie. Vasgevang in bygelowe en sameswerings teorieë. En natuurlik is die “plaastelefoon” wat voorskryf van swembadsuur tot jik tot veedip vir CV19. Alles behalwe inenting wat 99.9% effektief is teen ernstige siekte. Gooi by die bygelowe soos “merk van die dier”, magnetisme en inenting met mikroskyfies en jy het ‘n perfekte storie vir elke Jan rap en sy maat.

piet ·

MM – Darem vreemd hoe hierdie Ivermektien-golfie ook afgeplat het na ‘n stille rivierstroompie ne en baie vinnig oppad is na ‘n droe woestyn-oase.

MakersMark ·

Presies piet, Hul sal veedip drink, 60 ‘n dag rook en ‘n bottel klippies ‘n dag maar nie “die spuit vat nie” dit maak jou dood……

Christine ·

Jy veralgemeen darem vreeslik en beledig elke persoon wat nie jou narratief volg nie.

Christine ·

Kan ek noem dat Ivermectin al langer as 30 jaar vir menslike gebruik ook vervaardig word en hoogs suksesvol is. Wys net hoe oningelig jy is oor die produk. Ek stel voor jy doen bietjie ordentlike navorsing en los mense uit om hul eie keuses te maak ipv om hulle te beledig.

MakersMark ·

Heeltemal bewus dat IM vir menslike gebruik vervaardig word. Vir ander kondisies as CV19.

Ancois ·

Ek sal gaan tronk sit vir my kinders!!
Dat hulle nou al selfs op Wiki n artikel het waar hulle jou kind leer om vir jou te lieg!
Helukkig walg hierdie ding my kinders ook..

Martie ·

Dis verregaande.
Enige een wat dit durf waag om my kinders sonder my toesteemming in te ent, sal met ‘n baie kwaai ek te doen kry.

Jacobus ·

Ek wonder nou, is kinders onder 18 ook nou blootgestel om as volwassenes verhoor te word in howe?
Of het die regsmasjien nou heeltemal platgeval of word dit net selektief toegepas?
Is die staat nou die ouers?

Maritha ·

En nou hoor ek vanoggend op di nuus dat hul vir eers net een inspuiting vir die kinders gaan gee omdat ń 2de die hartspier kan beskadig…… hulle moet nog eers so paar toetse doen! MOET NOU NIE VIR MY SÊ HIERDIE STORIE IS NIE MEER IN DIE TOETSFASE NIE! I rest my case

piet ·

Uiters rare gevalle van TYDELIKE (‘n tydelike en kortstondige newe-effek) hartspierinfeksie (die hartspier word nie beskadig nie) het voorgekom net na die 2de inenting. Hierdie is bloot ‘n voorsorgmaatreel.

Rooikopheks ·

Dankie Piet, ju lees reg en verstaan die feite. Sommige mense kan lees maar nie die ware feite verstaan nie.

MakersMark ·

Ek dink hy stel dit sag. Of te onnosel of te halstarrig.

Dirk Mostert ·

Minister dokter Dlamini het deur wetgewing vroeer vanjaar entstofvervaardigers gevrywaar van eise en vervolging weens sterftes of ander ernstige gevolge van entings. In gelid met haar ewekniee oorsee. Hoekom?

MakersMark ·

Want daar is opportuniste wat die geleentheid soek om mega maatskappye hof toe te sleep vir eie finansieële gewin. Victim mentaliteit en geldgierigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.