Tieners met onwettige haelgeweer betrap

Die Wes-Kaapse polisie het twee tieners in hegtenis geneem en beslag gelê op talle onwettige vuurwapens en ammunisie .

“In ʼn poging om onwettige vuurwapens te verwyder en ernstige geweldsmisdaad hok te slaan, het lede van die teenbende-eenheid op 2 Januarie op ʼn oop veld in Kensington toegeslaan,” sê brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap.”

Die polisie het glo gereageer op inligting oor ʼn skietery op dié oop stuk veld naby 18de Laan. Hier het hulle twee tieners, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, aangetref. Die verdagtes het op die vlug geslaan en die polisie het hulle agternagesit.

Die polisie het een 9 mm Uzzi outomatiese pistool, een 9 mm Vektor-pistool en een haelgeweer, waarvan een ʼn dubbelloop, in die mans se besit gevind. Daarmee saam het die polisie ook beslag gelê op 25 9 mm-rondes ammunisie, 7.62-rondes ammunisie en vier rondes ammunisie vir ʼn haelgeweer.

“Die twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van verbode wapens en ammunisie en sal binnekort in die hof verskyn,” sê Potelwa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.