Tieners op heterdaad betrap toe hul by skool inbreek

Argieffoto

Sewe tieners is in Mfuleni in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is waar hulle by ʼn plaaslike hoërskool inbreek.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Mfuleni is omstreeks 03:15 Vrydagoggend in kennis gestel van ʼn rooftog wat besig is om plaas te vind by die hoërskool.

“Beamptes het onmiddellik reageer en het die verdagtes op heterdaad betrap soos hul besig was om by die skool se rekenaarkamer in te breek,” het Van Wyk gesê.

Die verdagtes se ouderdomme wissel volgens hom tussen 15 en 19 jaar.

Hulle staan tereg op aanklagte van besigheidsroof en die besit van toerusting waarmee rooftogte gepleeg kan word.

Dieselfde skool is op 25 Desember ook beroof van rekenaars.

Die omstandighede rondom daardie rooftog word nog deur die polisie ondersoek. Niemand is ook nog in verband daarmee in hegtenis geneem nie.

Van Wyk het die gemeenskap gemaan om nie gesteelde goedere te koop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shame.. ·

Die vakansie is duidelik te lank vir die seuns as hul al by die skool inbreek…

Coenie ·

Die aanklag van besit van goedere om in te breek ??verstaan ek dit reg as ek n “crowbar” koop en ek loop met hom na my kar toe kan ek gearresteer word en aangekla word,en nou dat ek skuldig is wat is my straf hoe lank tronkstraf kry n persoon vir so n oortreding?

Adam ·

Coenie, jy is veilig. Die omstandighede waarin die persoon huisbraak-implemente besit word in ag geneem. Indien jy dus 3uur in die oggend met jou “crowbar” by jou buurman se venster staan, kan jy dalk probleme kry, maar die onus is nog steeds op die staat wat oa moet bewys dat dit onwettig was.

Jef ·

Op heterdaad betrap maar niemand is nog in hegtenis geneem nie???
Wat moet nou eintlik daadwerklik gebeur voordat iemand in hegtenis geneem kan word??

Landi Slatter ·

Dagsê Jef

Dankie vir jou kommentaar. Ek haal graag die eerste sin van die berig aan: “Sewe tieners is in Mfuleni in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is waar hulle by ʼn plaaslike hoërskool inbreek.”

Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Frieda ·

Ek is so bly die lesers se sin van humor bestaan nog, ek het nou lekker gelag vir die kometaar.

Frans C ·

Menseregte liefhebbers gaan seker nou fel reageer. In die ou slegte Suid Afrika sou die laaitjies se gatte aan die brand geslaan wees met ‘n rottang en dit sou hul inbraaklus vir ‘n lang tydperk of indien vir goed geblus het.

In die nuwe Suid Afrika beland sommige van hul in die trunk,wat ‘n leerskool is om ‘n beter misdadiger te word en word dan werkloos vrygelaat in die gemeenskap om die nog verder te
terroriseer.

Robby Uchi ·

Ja nee jong. Daardie kindertjies het hopeloos teveel tyd op hande. Die SAP moet hulle gemeenskaps diens laat doen by staats hospitale en sodoende die toilette op standaard te kry.

Robby ·

Gemeenskaps diens mense. Hou die kinners besig. Laat hulle toilette was by hospitale.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.