Tieners red man van verdrinking

Argieffoto (Foto: Juliane Koch/Pixabay)

Twee tieners het Vrydag ʼn man van verdrinking gered by Murphy’s, Buffelsbaai in die Wes-Kaap, ʼn gewilde ligging vir branderplankryers.

Jerome Simonis, Knysna-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die NSRI is ontbied na die toneel. Paramedici van ER24 en Knysna se brand-en-reddingsdiens het ook reageer op versoeke om hulp.

“ʼn Plaaslike man, 24 jaar oud, is op die strand gevind. Twee plaaslike branderplankryers, onderskeidelik 13 en 14 jaar oud, het die man gered.”

Die twee tieners het in die water gesien die man het in die moeilikheid beland. Hulle het dadelik reageer en kon hom na veiligheid op die strand bring.

“Ons NSRI-dokter en paramedici van ER24 het hom ondersoek. Hy is as ʼn voorsorgmaatreël in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem vir waarneming.”

NSRI loof die twee tieners dat hulle die man se lewe gered het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swerwer ·

Onbaatsugtige gebaar deur die 2 tieners! Jul is 2 ware helde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.