Tieners se ‘plesierrit’ lei tot ernstige ongeluk

Die voertuig waarin die tieners gery het. Foto: Verskaf

Twee tienerseuns, albei vermoedelik 14 jaar oud, is Saterdag in ʼn “baie ernstige” ongeluk op ʼn grondpad naby Vanderbijlpark, Gauteng, beseer.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het Sondag gesê die seuns was na bewering op ʼn plesierrit toe die voertuig waarin hulle gery het omstreeks 15:15 op die Tucker-grondpad in die omgewing van die Ardenwold-kleinhoewes omgeslaan en verskeie keer gerol het.

“Een van die seuns is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger,” het Dollman gesê.

“Paramedici van Netcare 911 was eerste op die toneel en het een van die seuns in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en gestabiliseer voordat hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir mediese behandeling.”

Die ander tiener het “relatief” geringe beserings opgedoen en is ook met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Die voertuig waarin die tieners gery het. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

dom ·

Maak dit saak. Jy kan mos lees toenerseuns plesier rit. So 1+1is….

Fernand ·

Ja, net hulle 2, en dan 1 kaaitjie en twee van daai klein bottletjies wyn wat mens op vliegtuie kry as jy eet.

Hanna ·

Klink so?wie laat toe dat sulke jong kinders n voertuig bestuur?

Hakie ·

Was niemand ooit jonk gewees en skelm die kar gevat nie? Hoekom is dit so maklik om te vergeet wat ons as jong mense gedoen het? Dit het nou gebeur en dankie, niemand is dood nie. Lesson learned. Sterkte met herstel.

Blits ·

Hanna en almal wat vra oor hoe laat jy n kind van 14 alleen met n voertuig ry, dis maklik, Ons seuns wat op n plaas groot geword het kan al voertuig bestuur van 6 jaar oud af, ek was 6 toe bestuur ek n trekker en het geploeg en gedus en geplant, 8 jaar oud toe bestuur ek al n trok en 11 jaar oud toe bestuur ek n stroper en dit sonder toesig omdat ek baie goed kan bestuur.

Gert ·

Ekt dieselfde gedink , ons boeties het self die kar “geleen” op so jong ouderdom was maar net altyd gelukkig om nie in n ongeluk te wees.

Joy ·

Ai tog. Verantwoordelikheid: #jouself #publiek #omgewing is belangrik

Rupert Ashford ·

“Wie laat toe…?” Niemand. Maar het julle nooit in julle jong dae die kar “geleen” vir middernagtelike rondry nie of as die ouers oor ‘n naweek nie by die huis was nie?

HB ·

Nooit nie. My velle sou gewaai het as ek dit eers probeer het. Ek was in elk geval te bang om sulke onverantwoordelike dinge aan te vang. Almal het nie dieselfde streke nie. Hoop die seuns sterk gou aan.

Nettie ·

@Rupert Ashford …. “Wie laat toe …?” of “Wie het nie ….”

My ouers het my nie toegelaat nie en ek het nie eens daaraan gedínk op 14-jarige ouderdom om enige van die verskeie voertuie op ons werf vir ‘n “plesierrit” te neem nie.

En indien ek dit sou doen, sou my velle die volgende dag in repies gehang het na die loesing wat my Pa my sou gegee het. Kinders het deesdae te veel regte en kry te min disspline, oor die algemeen.

annatjie ·

Al die plisier word weg gevat ons was jonk het het baie aan gejaag dit is hoekom kinders is soos wat hulle is hulle word niks meer toe gelaat nie

Wonder ·

Hoop die kinders genees gou. Jammer dat die motor nie vanself “gesond” word nie.

Blommie ·

JO BLITS, jy darm n yster hoor, wonder hoen kind van se voete by die PETROL kom en hande op stuurwiel en dan PLOEG jy. Sjoe ja nee wonderwerke gebeur wel

Griki ·

Blommie, het jy al ‘n trekker gesien? Toe ons klein was was dit nie snaaks dat kinders gedoen het soos Blits gedoen het nie. Gladnie. Plan is gemaak en bygekom het hulle bygekom. Ek weet nie of dit moontlik sal wees met die nuwe moderne trekkers nie, maar toe ek klein was het dit beslis gebeur.

Andre ·

Ai, mense dink as jy weet hoe om stuurwiel te draai, koppelaar, petrol en briek pedale te trap dat jy kan bestuur. Regtig? Wat van in beheer wees van die voertuig, antisipeer van situasies, bewustheid wat om jou aangaan, selfbeheersing, spoed en afstand skat, stop vir rooiverkeersligte ens. Soos ons hier sien. As jou vriende / familie jou leer, bestuur jy soos hulle en leer jy ook hulle slegte maniere en foute wat jou later baie geld kos of hartseer, pyn en lyding.

Pop ·

Jammer maar ons sou in de lewe nie gewaag het om n voertuig te vat vir n plesierrit nie. Nou wil almal hier bo dit regverdig dat kinders sulke goed doen. Het ook op n plaas groot geword. Maar dit was nie n lisensie om onverantwoordelik op te tree nie. Nee wat, kinders is vandag so want hulle word alles toegelaat. Ek sou moes werk tot ek daai skade aan voertuig betaal het.

Ekke ·

Moontlik was ouers nie by huis. Hoop hulle herstel gou. Versekering gaan die eienaar van die voertuig nie eens help nie. Geen lisensie, geen toestemming en minderjarig!!!

Agneewatman ·

Ek is al n ou tannie en ek moet se ek en my maatjies het sondagmiddae my oupa se karretjie “geleen” sonder toestemming. Gelukkig nooit n ongeluk gemaak nie en toe ons uitgevang is, het my gatvelle gewaai, maar dis mooi memories. Ek is bly die kinders leef. Dis nie die ideale ding nie, maar kinders bly kinders.

JN ·

En as iemand nou sou sterf as gevolg van die ongeluk is dat dan maar nogsteeds net “kinders bly kinders”. Ag nee wat ek dink nie so nie hoor. Mens noem dit discipline waarvan die kinders duidelik niks het nie.

ANDRE ·

” Oorsaak van die ongeluk onbekend ” ??? Dit lyk vir my voordiehandliggend .

Casper Labuschagne ·

Toe ek in 1977 in standerd nege was het ek en vier ander seuns een Woensdagaand besluit om inryteater toe te gaan. Op pad terug het die ongeluk ook toe gebeur. Daardie dae het ons pak slae op pak slae gekry en het dit die volgende jaar weer gedoen, maar gesorg dat ons kan bestuur en het nooit weer ‘n ongeluk gemaak nie. Die arme kind wat dit vandag doen kry ‘n kriminele rekord en word sekerlik ook nog uit die skool gesit. Ten minste, na ‘n pak slae of twee, was jou rekord skoon en het jy jou straf gehad, die onhebbelike gedrag van vandag se kinders volg hulle as ‘n klagstaat wat net langer en langer word.

Peet ·

Ek weet van baie van my vriende uit tiener jare wat pa of me se kar geleen het om inry toe te gaan. Word jy uitgevang is n plak slae jou voorland en dan is dit verby. Vandag is dit n hele lys vam kriminele oortredings vir jou en jou ouers, hofsake, berading, sielkundige probeer redes en oplossings vind, terwyl dit maar net tiener streke is. In die verlede was dit deel van groot word en jou onafhanlikheid te toets. Vandag is dit afwykings, sielkundige oorsake en mens weet wat nog alles. Dis nie vandag maklik om tiener te wees. Voor jy se mes is jy in die moeilikheid.

Koos ·

Skokkend hoeveel mense hierdie gedrag goedpraat. Geen wonder daar is so ‘n regressie van norme en waardes aan die gang onder die Afrikaner nie. Selfde soort mens wat nie by stopstraat stilhou nie, maar wil sy bek wil uitspoel oor die Zuptas!

Andre ·

Stem saam Koos, dis ook tragies, hulle mis dit heeltemal. Dan weet die meeste ook nie wat beteken “Kritieke toestand” nie. ‘n Lewe dalk verwoes. Die ouers gaan deur baie hartseer gaan. Die versekering gaan nie betaal nie. Dalk is die ouers sonder ‘n voertuig?

Naas Vermaak ·

Word gou gesond manne…hoop julle leer iets uit die episode…moet nooit julle avontuurlus verloor nie en ignoreer al die ou negatiewe kommentaar hier op MM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.